9 December 2022
Share

Ons het hierdie jaar weer ‘n klomp heerlike boeke gelees. (Ons leeslyste vir die vorige jare kan hier gevind word – 2021, 2020, 2019, 2018 2017, 2016, 2015, 2014, 2013 en ons gunsteling lewende boeke.)

Ons oggend lees sessie begin met ‘n storie gemik op my jongste wat onlangs 9 geword het. Daarna lees ons Bybel (hierdie jaar was dit 2 Konings tot Ester (ons is tans besig met Job) en Filippense tot 1 Timoteus). Dan lees ek iets spesifiek vir my 13 en 15 jarige.

Die oudste 2 geniet die storie vir my jongste (baie van die stories het ek jare terug vir hulle ook gelees, terwyl ander nuut is). Dikwels teen die tyd wat ek egter by die boek vir die ouer 2 kom het kleinsus se aandag begin dwaal. Soms luister sy, soms speel sy en luister met een oor en ander kere verdwyn sy heeltemal en gaan doen haar eie ding.

Die jaar het ek nie weer gewissel tussen 2 boeke op ‘n slag vir die ouer twee nie. Ons het een boek klaar gemaak en dan met ‘n volgende begin. Ek het wel probeer om ongeveer ewe veel Engelse en Afrikaanse boeke vir hulle voor te lees.

Gemik op my jongste het ek die volgende voorgelees:
Nils Holgersson se wonderbaarlike reis – Selma Lagerlof
Heidi II – Johanna Spyri
Speurhond Willem op reis – Elizabeth Wasserman
Klaasneus-hulle – Anna Rothman
Kraai-hulle – Anna Rothman

Vir die ouer twee het ek die boeke voorgelees:
Cuckoo clock secrets in Switzerland – Karyn Collett (oor die Hugenote en hervorming)
I witness: Iron Thunder – Avi (oor die Amerikaanse siviele oorlog (Monitor vs Merrimac))
Storm – Reg Grant (Die lewensverhaal van Martin Luther)
Hart van die Son – Karel Schoeman  (Die lewensverhaal van William Shakespeare)
Kronieke van die sewe blou waens: Die kort lewe van Gert Maritz – Margaret Bakkes
Out of the Black Shadows – Stephen Lungu
God se smokkellaar – Broer Andrew

Na middagete werk ons gewoonlik dan ‘n tweede voorlees sessie in. Dan wissel ek af tussen Kinders van die Wêreld (ons het hierdie jaar nommer 3 gelees. My stel het nie ‘n 3 gehad nie en ek kon onlangs eers die gat in die reeks vul), Exploring Creation with General Science en Streams of Civilization 1. Hierdie was die 5de jaar wat ons Kinders van die Wêreld lees. Die lysie van lande waaroor ons al geleer het vorder flink. Ek vermoed as ons eers al 8 boeke klaar gelees het sal ek seker weer by boek 1 begin met ons jongste.