0

Leeslys van ‘n 16-jarige dogter

3 January 2026
Share

2025 was amptelik en offisieel die jaar waarin my boekwurm die heel minste gelees het ooit! Sy het net ‘n skamele 69 boeke gelees. Dit was ‘n besige jaar en sy het gereeld gekla dat daar nie genoeg tyd vir lees is nie. Van dit was haar eie keuse sy het geweldig baie tyd spandeer om viool te speel. Met die dat sy in ‘n orkes gespeel het het dit ‘n nuwe passie vir haar musiek laat vlam vat. Soveel so dat sy tans ‘n viool onderwyseres wil word. En sy het meer Lego gespeel en begin musiek redigeer. Ek twyfel of sy mooi besef hoeveel van haar vrye tyd aan die aktiwiteite afgestaan is.

Twee ander faktore was dat sy begin afrig het by ons gimnastiekklub en dat sy in die een jaar ‘n jaar en ‘n kwart se akademie ingedruk het. Na ou boet se besige matriek jaar het ons besluit om oor te skuif na die Amerikaanse kalender, sodat sy ‘n minder besige matriek jaar kan hê. Dit het egter baie druk op haar laas jaar gesit. Hierdie jaar gaan seker ook nog besig wees om die skuif finaal klaar te maak.

Haar gunsteling Afrikaanse boeke die jaar was Kringe in ‘n Bos deur Dalene Matthee, Koning van die Wind deur Marguerie Henry en Edgar Rice Burroughs se Tarzan reeks. Ek is baie dankbaar dat Kringe een van haar gunstelinge is, want dis ‘n fantastiese boek. Ek weet egter dat skool die vreugde daaruit gesuig het vir vele kinders. Blykbaar het my literatuurstudie daaroor darem nie dieselfde effek op haar gehad nie.

In Engels was die keuses moeiliker en kon sy met moeite dit by 6 gunstelinge kry. Dit was Otter’s Moon deur Susanna Bailey, The Yearling deur Marjorie Kinnan Rawling, Green Jasper deur KM Grant, The Daggar Quick deur Brian Eames, Broken Days deur Ann Rinaldi en Escape from Mr Lemoncello’s Library deur Chris Grabenstein. Interessant genoeg was The Yearling oor ‘n “skoolboek” vir die jaar. So dankie aan Total Language Plus wat die boek se vreugde ook nie van haar gesteel het nie.

In Afrikaans het sy gelees:
1. ‘n Pot vol winter – Maretha Maartens
2. Die Prins – Francine Rivers
3. Dae van Oorlog – Cliff Graham
4. Anderkind – Betsie van Niekerk
5. Dagbreek 1: ‘n Nuwe Dagbreek – Karen Kingsbury
6. Dagbreek 2: Somer – Karen Kingsbury
7. Dagbreek 3: Eendag – Karen Kingsbury
8. Dagbreek 4: Sononder – Karen Kingsbury
9. Kringe in ‘n Bos – Dalene Matthee
10. Die Ysmonster – David Walliams
11. Die Wag vir die Somer – Marzanne Leroux
12. Wegloopwinter – Rona Rupert
13. Stories van Ruyswyck – Alba Bouwer
14. Koning van die wind – Marguerite Henry
15. Rasmus en die Boemelaar – Astrid Lindgren
16. Tarzan 2: Tarzan se Terugkeer – Edgar Rice Burroughs
17. Tarzan 3: Tarzan en sy Diere – Edgar Rice Burroughs
18. Tarzan 4: Tarzan se Seun – Edgar Rice Burroughs
19. Tarzan 5: Tarzan en die Opar-juwele – Edgar Rice Burroughs
20. Tarzan 6: Tarzan in die Oerwoud – Edgar Rice Burroughs
21. Tarzan 7: Tarzan die Ongetemde – Edgar Rice Burroughs
22. Tarzan 8: Tarzan die Verskriklike – Edgar Rice Burroughs
23. Tarzan 9: Tarzan en die Goue Leeu – Edgar Rice Burroughs
24. Tarzan 10: Tarzan en die Miermense – Edgar Rice Burroughs
25. Tarzan 11: Tarzan Heerser van die Oerwoud – Edgar Rice Burroughs
26. Tarzan 12: Tarzan en die Verlore Ryk – Edgar Rice Burroughs

En in Engels:
1. Redwall – Brian Jacques
2. The Summer house Loon – Anne Fine
3. Viking’s Dawn – Henry Treece
4. The Road to Miklagard – Henry Treece
5. Viking’s Sunset – Henry Treece
6. Otter’s Moon – Susanna Bailey
7. Treasure Hunters – Allan Baillie
8. Sackett – Louis L’amour
9. The Sackett Brand – Louis L’amour
10. Sackett’s Land – Louis L’amour
11. Jubal Sackett – Louis L’amour
12. To the Far Blue Mountains – Louis L’amour
13. The Silver Branch – Rosemary Sutcliff
14. Hearts of Fire – The Voice of the Martyrs
15. The Secret Garden – Frances Hodgson Burnett
16. A Daring Escape – Tricia Goyer
17. Seal Morning – Rowena Farre
18. Nancy Drew Files 1: Secrets can Kill – Carolyn Keene
19. The Secret of the Swiss Chalet – Carolyn Keene
20. Mountain-Peak Mystery – Carolyn Keene
21. Nancy Drew Files 2: Deadly Intent – Carolyn Keene
22. Nancy Drew Files 3: Murder on Ice – Carolyn Keene
23. Nancy Drew 128: the Treasure in the Royal Tower – Carolyn Keene
24. Thoroughbred 1: A Horse called Wonder – Joanna Campbell
25. Thoroughbred 2: Wonder’s Promise – Joanna Campbell
26. Thoroughbred 3: Wonder’s First Race – Joanna Campbell
27. The Yearling – Marjorie Kinnan Rawlings
28. Thoroughbred 4: Wonder’s Victory – Joanna Campbell
29. Thoroughbred 5: Ashleigh’s Dream – Joanna Campbell
30. Trapped at the Bottom of the Sea – Frank E. Peretti
31. Traces: Lost Bullet – Malcolm Rose
32. The 7 Professors of the Far Nother – John Fardell
33. The Peppermint Pig – Nina Bawden
34. The Underneath – Kathi Appelt
35. Someone is hiding on Alcatraz Island – Eve Bunting
36. Green Jasper – K. M. Grant
37. The Dagger Quick – Brian Eames
38. True North – Kathryn Lasky
39. Martin the warrior – Brian Jacques
40. Mr. Nobody’s Eyes – Michael Morpurgo
41. Broken Days – Ann Rinaldi
42. Stacey – Eileen Pollinger
43. Escape from Mr. Lemoncello’s Library – Chris Grabenstein