My oudste het in 2025 nie baie by lees uitgekom nie. Dit was ‘n baie besige jaar en party aande het hy eerder net in die bed geklim en geslaap as wat hy eers sy normale leessessie in gesit het. Tog het hy meeste dae ‘n stukkie gelees al was dit korter as wat hy gewoonlik gedoen het. Wat hy wel elke dag voor tyd gemaak het was om Bybel te lees soggens. Hy het van Spreuke tot Esegiël die jaar gelees.
Hy het net 23 boeke die jaar gelees. Ja, die minder lees voor slaaptyd het ‘n effek gehad, maar ‘n groter faktor was dat hy vakansietye en oor naweke eerder tyd aan elektroniese en arduino projekte spandeer het. In die Junie vakansie alleen het hy meeste dae 4 tot 6 ure aan dit spandeer. Saam met die 3 ure gimnastiek oefening per dag het daar dus nie baie tyd in ‘n dag oor gebly vir ander dinge nie.
Sy gunsteling boeke laas jaar was Christo de Lange: Vegvlieënier deur Simon van Garderen en The Dagger Quick deur Brian Eames. Hy raak beter daarmee om skoon avontuur en aksie verhale vir volwassenes te vind. Ons biblioteek (wat basies die hele jaar gesluit was) hou egter meestal nie die tipe boeke aan wat hy graag wil lees nie en ek vind ook nie baie daarvan in die tweedehandse mark nie. Ons moet dus maar die jaar ‘n paar nuwe boeke aankoop. Gelukkig omdat hy nie so baie tyd vir lees het nie was dit nog redelik bekostigbaar.
In Afrikaans het hy gelees:
1. Buks en die Stropersbende – John Coetzee
2. Gevange op die Metaalplaneet – Eben de Jager
3. By Fakkellig – Karel Schoeman
4. Die Krygsman – Francine Rivers
5. Christo de Lange: Vegvlieënier – Simon van Garderen
6. Smokkelaars in die Nag – PJ Pieterse
7. Vlam in die Namib – Doc Immelman
En in Engels:
1. Wulfgar the Saxon: Wulfgar and the Vikings – Christina Eastwood
2. Wulfgar the Saxon: Wulfgar and the Dragons – Christina Eastwood
3. I Kissed Dating Goodbye – Joshua Harris
4. The Jerusalem Assassin – Joel C Rosenberg
5. The Beirut Protocol – Joel C Rosenberg
6. The Libyan Diversion – Joel C Rosenberg
7. The Last Jihad – Joel C Rosenberg
8. The 7 Professors of the Far Nother – John Fardell
9. The Dagger Quick – Brian Eames
10. Wulfgar the Saxon: Wulfgar and the Riddle – Christina Eastwood
11. Traces: Lost Bullet – Malcolm Rose
12. Oliver Twist – Charles Dickens
13. Fault line – Chris Ryan
14. The Buckingham Palace Connection – Ted Willis
15. The Lost World – Sir Arthur Conan Doyle
16. Urban Outlaws – Peter Jay Black
