Posts Tagged With: broodmasjien

Groot Roghawermout brood

Ek het voorheen my rog-hawermout brood resep gelaai. Dit was egter vir ‘n medium brood en die was net heeltemal te min vir ons. So hier is die resep vir ‘n groot (2lb/900g) brood. Vars uit die broodmasjien eet ons dit sommer maklik in een sitting op. Op die oomblik is dit die brood wat ons die meeste bak.

Bestanddele:

400ml water

2 eetlepel olie Lees voort

Categories: Bak en brou | Sleutelwoorde: , , , , | Lewer kommentaar

Rog-hawermout broodmasjien brood

Ellard was nie te beïndruk met die ander brood wat ek voorheen gebak het wat meer soos bruinbrood was nie. Ek kan hom seker nie kwalik neem nie. Vir sy hele lewe ken hy nog net 100% rog brood en die meer “gewone” brood moet seker maar heel volksvreemd vir hom gesmaak het. Ek het wel ‘n vermoede dat hy dit ook mettertyd gewoond sal raak.

Dit het ‘n paar probeer slae gevat om ‘n lekker koring-vrye broodjie te maak wat ook nie te duur is nie. Lees voort

Categories: Bak en brou | Sleutelwoorde: , , , , | 1 Kommentaar

Broodmasjien koring-vrye brood

My skoonma was so oulik om vir my ‘n broodmasjien vir my verjaarsdag te koop. Sy het raak gesien dat ons redelik uitgeëet was aan Spar se 100% rogbrood, wat al te gereeld deesdae stukke witbrood in gehad het.

Ek het nou al ‘n hele hoop resepte wat ek nog wil uit probeer, maar voor ek daarmee kan begin moet ek eers die winkels bestorm. Die gluten-vrye brode se lys bestanddele kan nogal lank raak. So lank kon ek egter nie wag nie. Vandag moes ek net daardie masjien uit toets. Ek het dus al die bestanddele wat ek in die huis gehad het saam gegooi en oë toe geknyp en duim vas gehou hier kom iets eetbaar uit. Lees voort

Categories: Bak en brou | Sleutelwoorde: , , , | 4 Kommentaar

Blog at WordPress.com.