Ek het voorheen my rog-hawermout brood resep gelaai. Dit was egter vir ‘n medium brood en die was net heeltemal te min vir ons. So hier is die resep vir ‘n groot (2lb/900g) brood. Vars uit die broodmasjien eet ons dit sommer maklik in een sitting op. Op die oomblik is dit die brood wat ons die meeste bak.
Bestanddele:
400ml water
2 eetlepel olie
1 groot eier
1 1/2 teelepel sout
2 eetlepels suiker
150g growwe rogmeel
150g fyn rogmeel
150g hawermout (fyn gemaal in die voedselverwerker)
45g Maizina (mielieblom)
7g kits gis (vir broodmasjiene)
Gooi alles in die volgorde die broodmasjien en meng eers self.
Kies dan die “whole wheat” siklus vir ‘n 2 pond broodjie.
As die siklus klaar is bak die brood vir ‘n verdere 30 minute op die “extra bake” funksie. (En toets dat dit deur gaar is voor jy die siklus stop)
En vir variasie:
– Die 150g fyn en growwe rogmeel kan vervang word met 300g fyn rogmeel, maar dan benodig jy 430ml water.
– Week 2 opgehoopte eetlepels linsaad (flaxseed) in ‘n bietjie water vir ten minste ‘n uur (of sommer oornag) en voeg dit by die brood
– Voeg 2 opgehoopte eetlepels anys saad by. Dit gee dit ‘n heerlike anys geur, sonder dat dit ‘n sterk anys snaak het.
– Voeg 2 eetlepels kakao by vir ‘n donkerder brood.