1

Rog-hawermout broodmasjien brood

7 April 2012
Share

Ellard was nie te beïndruk met die ander brood wat ek voorheen gebak het wat meer soos bruinbrood was nie. Ek kan hom seker nie kwalik neem nie. Vir sy hele lewe ken hy nog net 100% rog brood en die meer “gewone” brood moet seker maar heel volksvreemd vir hom gesmaak het. Ek het wel ‘n vermoede dat hy dit ook mettertyd gewoond sal raak.

Dit het ‘n paar probeer slae gevat om ‘n lekker koring-vrye broodjie te maak wat ook nie te duur is nie. Dit help al om 2.5 kg rogmeel te koop eerder as die klein 500g pakkies. Die broodjie kos onder R8 vir al die bestanddele en ekstra krag (as jy die duurder 500g rogmeel koop gaan dit net so oor die R10 kos). My grootste probleem was om dit heel gaar te kry! Ek reken ek het uiteindelik sukses behaal! Die broodjie was selfs lekkerder en ligter as die vars 100% Rogbrood wat ons Spar verkoop. En verseker ‘n wenner by die kinders. Al was hulle nie baie beïndruk om vir 4 ure te wag vir die brood nie.

Bestanddele:

1 1/4 koppie water

1 eetlepel olie

1 groot eier

1 1/2 teelepel sout

1 1/2 eetlepels suiker

200g rogmeel (2 koppies)

100g hawermout (fyn gemaal in die voedselverwerker)

30g Maizina (mielieblom) (ongeveer 2 opgehoopte eetlepels

2 teelepels kits gis

 

Gooi alles (behalwe die gis) in die broodmasjien en meng eers self.

Sprinkel die gis oor.

Kies dan die “whole wheat” siklus vir ‘n 1.5 pond broodjie.

As die siklus klaar is bak die brood vir ‘n verdere 30 minute op die “extra bake” funksie. (En toets dat dit deur gaar is voor jy die siklus stop)