Posts Tagged With: johanna Basford

Inkleur lekkerte

Een van die lekkerste goed wat ons die jaar ontdek het was volwasse inkleurprente. My kinders wat nog nooit mal was oor inkleurboeke nie, is absoluut versot op die prente. Daar is soveel meer detail om in te kleur en te geniet.

Veral op reëndae kan ons vir ure sit en saam inkleur. Dit is net ‘n heerlike aktiwiteit om saam te doen. Selfs ouma het saam ingekleur toe sy hier gekuier het. Hulle hou ook daarvan om die prente met waterverf te verf.

Natuurlik wil kleinsus saam teken en haar sketse het al groot ongelukkigheid veroorsaak.

201553.jpg

Op hul wenslysie vir die jaar is Johanna Basford se Secret garden Inkleurboek. Ek is nog nie seker of ek dit vir hulle moet kry (of sommer net vir my self wil hou nie). Ons is versot op die detail van haar sketse en die verskuilde items wat daarin versteek is nie.

Categories: Alles in 'n dag, Kunsvlyt, Uncategorized | Sleutelwoorde: , , , , , | 3 Kommentaar

Blog at WordPress.com.