Posts Tagged With: koors

Resensie: Alles in een Termometer

Toe ons oudste gebore is was die opsies van koorspenne taamlik beperk. As jy nie bereid was om ‘n duur oortermometer te koop nie, moes jy spook om koors onder hul arm te meet. Of deur ‘n “dummy” wat hulle altyd spoeg, omdat hulle reeds goor voel. Of ‘n strokie wat jy net nie kan kry om op hul voorkop te bly nie.

My vreugde was groot toe my liewe moeder rondom die geboorte van ons tweede kind ons seën met ‘n digitale voorkop termometer – wat toe die nuwe “gadget” op die mark was. Na die vorige gespook was dit ‘n droom. Dit het egter ook sy eie paar uitdagings gehad. Veral om snags almal wakker te maak met ‘n lig, omdat jy nie die lesing kon sien in die donker nie. Tog was dit soveel makliker. My enigste werklik probleem was dat die model nie werk onder 14 grade Celsius kamertemperatuur nie. In die middel van die winter, juis wanneer die kinders gewoonlik siek word, kon my voorkop termometer dus gewoonlik nie koors meet nie! Dan was dit maar weer die gespook met die outydse termometers.

NUK termo

Lees voort

Categories: Baba, resensie, Uncategorized | Sleutelwoorde: , , , , , , , , | Lewer kommentaar

Create a free website or blog at WordPress.com.