Posts Tagged With: motor

Wiele skootboek

Ons het so lank terug die skootboek oor wiele gedoen dat ek amper al daarvan vergeet het. Ons knaap was gefasineer deur die onderwerp en ons het net nog en nog boeke daaroor gelees. Dit was egter ook die eerste keer dat die 2 rakkers nie naastenby dieselfde skootboek gemaak het nie. Sus het net 1 vel voltooi, sy kon net nie vat kry aan die onderwerp nie. Vir haar het ons weer oor blomme opgelees, wat nie juis die knaap se aandag getrek het nie.

Die lekkerste was waarskynlik vir hom die eksperiment oor hoe die omtrek van ‘n voertuig se wiel gebruik word om die afstand wat dit gery het te bepaal en natuurlik ook die spoed waarteen dit ry. Hy het sommer ook geleer dat groot wiele nie so baie keer hoef te draai om dieselfde afstand as klein wiele af te lê nie. 20159 Lees voort

Categories: Eksperimente, Graad 2, Gratis drukstukke, skootboek | Sleutelwoorde: , , | 2 Kommentaar

Blog at WordPress.com.