Posts Tagged With: skryf

Letter pret 2

Vandat ek laas geskryf het oor al die prettige dinge wat ons met letters aanvang deesdae het ons al weer ‘n paar nuwe dinge gedoen.

Voor ek egter by dit kom, lees ek die anderdag iemand wat kommentaar lewer oor kinders wat nie al die toertjies nodig het om te leer lees nie. En as hulle het dat hulle waarskynlik dan nog nie reg is vir die stap nie. Daar is waarskynlik heelwat waarheid in die stelling. Veral as ‘n mens natuurlik in ‘n land bly waar jou moedertaal ook die taal is van alles om jou. Dit gee immers jou kind die blootstelling aan daardie taal. Ons siele hier aan die suidpunt van Afrika is egter in ‘n baie Ingelse wêreld (nie dat ek dink ons situasie is enigsins uniek nie). My kinders wil dus so graag al die dinge om hulle lees, net om hulle vas te loop teen “julle het dit reg geklank, maar dis Engels, so dit klink anders”. Dit is die dat ek nou vir hulle ‘n kunsmatige Afrikaanse wêreld skep, waarin hulle meer kanse kry om hulle nuwe lees vaardighede op die proef te stel. Lees voort

Categories: Graad 1, Tuisonderrig | Sleutelwoorde: , , | 1 Kommentaar

Create a free website or blog at WordPress.com.