Posts Tagged With: verbeelding

Verbeeldingspel ontploffings

Ons het lank terug die geen-TV-in-die-week reël in gebring en dit was een van ons beste besluite ooit. Die laaste tyd het dit egter  bietjie uitgerafel. Dit was immers baie maklik om saam met Pappa voor die TV te gaan sit, terwyl ek saans die baba se nagroetine doen.

Ongelukkig het ek ook baie vinnig die vrugte daarvan begin pluk. Dit is eintlik verbysterend hoe vinnig swak gedrag afsmeer. Miskien gebeur dit juis so maklik, omdat die kinders so min groot invloede van buite het. Of miskien sien ons dit maklik raak, juis omdat daar so min ander invloede is. Dis nie asof hulle aaklige goed gekyk het nie, dis net, kom ons wees eerlik, dat daar so min goeie rolmodelle op TV is! Lees voort

Advertisements
Categories: Alles in 'n dag, Die woelwaters | Sleutelwoordw: , | Lewer kommentaar

Blog at WordPress.com.