Ellard is mal oor kunsprojekte, maar hy’t gewoonlik nie die geduld om iets ordentlik te doen nie. Deesdae gaan dit al baie beter en ek wil graag bietjie “brag”. Ek weet van sy ander maatjies kry die goed al lankal reg, maar dis vir my fantasties dat hy nou ook begin teken. Hier is van sy skeppings:
Sy eerste selfportret: Dis net oë, ‘n glimlag en bene met voete. Eintlik oulik om te sien wat vir hom belangrik is. Toe hy maande terug vir oupa geteken het was die hande en boepmaag die belangrikste.
Ek het hulle lyfies afgetrek op papier en hulle moes toe self detail in sit. Hy’t sy gesig geteken. Hare, ore, oë en mond.
En dan volgens my sy beste werk ooit. ‘n Piesang. Ek moes gou ‘n foto neem, want hy’t dit begin inkleur.