Daar is darem min dinge so lekker soos om in die water te baljaar. Bo aan die water pret lysie is seker speel en ontdek in getypoele. Dit was immers die hoogtepunt van ons vakansie pret. Ons het ure deur gebring om alles wat mooi is daar in te ontdek.
Die enigste probleem van dit was dat mens later te mak raak in die water. En daar op ons 2de laaste dag gebeur die onvermydelike. Dit terwyl ons almal sommer in ons kortbroeke die uitstappie aangepak. Niemand anders as mamma se voet gly nie en daar sloeg ek neer in die kuit diepte water. Dis net arms en bene en water wat spat – ‘n gespook om kop, kamera en huis afstandbeheer bo die water te hou. Sien ma is mos die een wat alles karwy, dis mos die ander wat rondhol en eerder in die water gaan beland. Of dan nou nie.
So met die omdop het ek egter onwetend die jongste in die gesin ook van haar voete af. Sy het so groot geskrik vir die agteroor val dat sy net in die water weg gesink het. Dankie tog pappa was naby om haar op te raap. Die skrik was egter groot. Daarna wou sy nie sommer weer in enige iets meer as enkel-diepte water ontdekkingstogte loods nie.
Wys nou net weer as daar water in die omtrek is, het jy meer as een stel hande per kind nodig. Wonder bo wonder het die elektronika alles die soutwater oorleef. Ons was egter 3 druipnat en bitter koue lywe wat ons uitstappie moes kort knip. Kan net dink hoe ons bedremmelde groepie moes lyk.