Ons 2 goggas is mal oor legkaart bou. Vir die legkaarte se veiligheid was hulle egter altyd bo in die speelgoed rak gepak. Op die manier het hulle gereeld vergeet van die legkaarte.
Die week besluit ek toe hulle is heeltemal groot genoeg om hulle legkaarte op te pas (die ander speelgoed word immers mooi gebêre). Ons het dus nou ‘n legkaart hoekie begin. Tot dusver geniet die rakkers dit baie en sit gereeld en legkaart bou. Plus hulle pak nog mooi weg.
Ons sal maar moet sien of dit hou. Met Ellard wat nou al 5 word sal ek nog ‘n paar veranderings moet aanbring om die leer en speel tuis vir hom lekker te maak en te hou. Die internet is so vol oulike idees, maar mens het ook nie altyd tyd om te gaan soek nie. Vir nou is dit lekker pret om deur die Wêreldspektrums te blaai en sommer meer te leer van wat ook al hulle aandag trek.