Daar heers groot vreugde in ons huis. Daar is nie meer ‘n doek in sig nie! Ek is seker jy moet ‘n ma wees om dit regtig te kan waardeer. Dis nie net lekker om nie meer ‘n fortuin aan doeke te spandeer nie. Die heel lekkerste is dat daar nie meer doeke in ‘n asblik lê wat kan vrot nie!
Die hele uitstappie het my onkant gevang. Ek het gedink ons pop sal eers na die winter die doeke finaal weg gooi, maar toe verras sy my. Kan nie glo oor die Desember vakansie wou sy weer 24 uur per dag doek dra en nou slaap sy selfs sonder een nie!
Sy word verseker nou te vinnig groot. Beste van alles is ek maak haar nie eers wakker snags om te gaan piepie nie. Wel ek het probeer die eerste 2 aande, maar dit was ‘n nagmerrie. Sy’s ‘n klein monster as jy haar nag slaap onderbreek!
Nou moet ons net ou boet se gewoonte om voor ons gaan slaap te piepie breek. Voor die winter het hy ook deur geslaap, sonder ‘n laaste piepie. Maar die winter het dit verander en nou is hy in die gewoonte. Sleg ding is hy slaap so vas dat hy nie wakker genoeg word om self te gaan nie. So mens moet hoor as hy begin woel en dan opvlieg. As jy self slaap werk dit nie so mooi nie, gevolg is ons vat hom nog maar net voor ons gaan slaap.
Ons pop word weer self wakker. Wel dit het nog net een keer gebeur. Verder gaan sy sonder ‘n nag pieps en gaan dan eers vir die eerste keer toilet toe na ontbyt.
Ek moes maar net ons vreugde deel.