My 2 rakkers is absoluut mal daaroor om in water te mors. Seker soos meeste kinders vermoed ek. Dit veroorsaak egter nogal gereeld vir my ‘n kopseer. Die jaar het ons nog water beperkings om dinge net erger te maak.
Gister wil die 2 weer “swem” in hul skulpie. Ek het die kraan oop gedraai, sodat hulle dit vol kan maak. Gewoonlik gee dit ‘n reuse baklei af as ek weer gaan toe draai, want hulle wil altyd meer water in hê. Gister was egter die uitsondering. Lank voor ek nog daaraan dink om die kraan toe te draai, het ons knaap dit klaar gedoen. Sussie protesteer natuurlik luidkeels. Hy is egter gou om vir haar te vertel. “Die damme is leeg, ons kan nie nog water mors nie. Die vissies het ook water nodig”. Ek het amper van my stoel af geval!
Baie trots op die knaap wat al so mooi verstaan en help. Sussie was minder beïndruk. Sy wou sommer nie swem nie. ‘n Kwartier of wat later is sy toe ook aan die plas.
Hier is sommer ‘n ou foto van vorige water pret (toe ons nog kon water mors 😉 :