Dit is werklik verbasend hoe vinnig die kinders aangepas het by die geen-TV-in-die-week reël. Dis een van die beste besluite wat ons nog gemaak het. Hulle is soveel rustiger en speel soveel lekkerder saam. Ek het verwag dit sou moeilik raak toe die koue nat winter begin, maar dit was glad nie ‘n probleem nie.
Een aand heers daar chaos op die eetkamer tafel en ek besluit ons gaan sommer in die sitkamer eet. In die verlede sou die kinders wou TV kyk as ons daar eet. Die aand kom die versoek (tot my verbasing) egter “sal pappa vir ons musiek aan sit?”. Dit maak ‘n ma se hart sommer ekstra bly. Lees voort