6 March 2012
Share

Manlief moet net asseblief nooit die te siene kry nie. Hy sal waarskynlik ‘n oorval kry. Sien die “probleem” is dat ons knaap van groen en pienk (ja, die bulle sal trots wees op hom) gehou het. Dit was totdat pappa hom beet gehad het. Die knaap het wel gou ‘n plan gemaak. Nou hou hy van blou, pers en maroon.

Toe eergister is hulle aan die knip en plak. Ons pop vra hom toe om nie die vet skaap (ja, alles is Shaun op die oomblik, met die partytjie om die draai) uit te knip nie. Sy wil hom pienk in kleur. Dadelik kom die antwoord “varke is pienk, nie skape nie”. Net vroeër die oggend was hy egter besig om sy hout Land-rover pienk in te kleur. Dus kom ek toe tussen beide. “As jy jou Land-rover pienk kan inkleur kan sussie die skaap ook pienk in kleur”.

Die verbasende antwoord is toe ” Dis nie meer my Land-rover nie, dis sussie se kar. Dis hoekom hy nou pienk is”. “Hoekom?” (Dis immers sy gunsteling!) “want ek is te groot vir hom. Ek breek hom as ek hom ry”.

Ek kon maar net lag. Sien in plaas van om dit deesdae te stoot, klim hy bo-op dit en probeer dit so ry. Onnodig om te sê is nie die sterkte hout kar se as gemaak om sy hele gewig te dra nie. So lyk my sus het ‘n nuwe Land-rover en natuurlik is hy nou opsoek na nuwe karre om mee te speel!