2

Goeie selfbeeld

11 April 2012
Share

Gisteraand sit ons en waatlemoen eet op die stoep. Die manne het al weer binne gaan karring toe sit ek en ons pop nog buite. Sy’s mos ‘n tydsame eter.

Ek sê toe vir haar “Ek is lief vir jou”. “Ek ook” kom die antwoord. “Lief vir my of lief vir jouself?” vra ek. “Vir myself” kom dit ewe selfvoldaan met ‘n reuse glimlag.

Duidelik skort daar niks met haar selfbeeld nie. Sy sê ook altyd “ek is mooi” of “ek is slim” as ‘n maatjie iets lelik vir haar sê. Ek hoop net sy onthou dit nog as sy eers ‘n tiener is.