1

Die beste ouderdoms gaping

2 July 2012
Share

 Is daar iets soos die perfekte tyd vir nog ‘n spruit?

Die realiteit is dat daar waarskynlik nie iets soos die perfekte ouderdomsgaping tussen spruite is nie. Elke gesin het sy eie dinamiek en omstandighede verskil. Elke ouderdomsgaping het immers sy eie voor en nadele en wat vir een familie werk is weer nie so suksesvol in ‘n ander nie.

 Oorwegings

Jennifer Bingham Hull, bekroonde skrywer van “Beyond One: Growing a Family and Getting a Life” voel daar is wel ‘n paar dinge om te oorweeg wanneer dit by gesinsbeplanning kom:

*Drie jaar uitmekaar word gesien as die optimaal.Volgens kenners is die beste gaping vir beide die kinders en die ouers 3 jaar. Dit gee die eerste kind kans om emosioneel te ontwikkel. Verder gee dit ouers genoeg tyd om weer ‘n houvas te kry voor die tweede een se geboorte.
*‘n Klein gaping is moeilik aan die begin. Ouers van kinders wat minder as 3 jaar verskil moet 2 peuters in doeke en 2 wat vloerstuipe gooi hanteer. Dis net ‘n fase, maar een wat lank en stresvol kan word.
*‘n Klein gaping werp later vrugte op. Kinders naby in ouderdom het gewoonlik soortgelyke belangstellings, skedules en vriende. Wat dit makliker maak om te bestuur. Hulle gaan slaap op dieselfde tye, kyk dieselfde stories en gaan na dieselfde skool.
*‘n Wye gaping het aanvanklike voordele. Ouers met kinders wat meer as 3 jaar uitmekaar is kan vir elke kind meer individuele aandag gee, terwyl hulle klein is. ‘n Ouer boetie of sussie kan ook help met die nuwe baba.
*‘n Wye gaping word later moeiliker. Kinders wat ver uitmekaar is in ouderdom het baie verskillende skedules en behoeftes. Ouers moet byhou by 2 aparte wêrelde. Dit beteken dat jy die een oomblik help met toilet lesse en die volgende met huiswerk en ry van speel by maatjies na die matriek afskeid.
*Die gaping bepaal hoe lank jy ‘n betrokke ouer gaan wees. As jou kinders 2 jaar uitmekaar is gaan jy ‘n kind in die huis hê vir ongeveer 20 jaar. As hulle 12 jaar uitmekaar is, is jy op diens vir ‘n goeie 30 jaar.
*Sibbe verhoudings hang nie af van die spasiëring nie. Dis makliker vir kinders om saam te speel as die ouderdomsgaping klein is. Op die langtermyn is persoonlikhede egter meer belangrik om te bepaal hoe goed die kinders met mekaar oor die weg gaan kom.
*Uiteindelik werk alles uit. Ouers is beveel gewoonlik hul kinders se ouderdomsgaping vir ander aan. Hulle vind dit gewoonlik moeilik om die lewe anders voor te stel. Daar is dus geen rede tot kommer nie. Jy sal voordele beleef ongeag wanneer jou tweede kind sy/haar opwagting maak. En waarskynlik voel die tydsberekening was net reg.

 Joanna Moorhead, ‘n skrywer-ma van 4 dogters wat spesialiseer in geboorte en ouerskap, skryf dat nog voordele van ‘n klein gaping is dat kinders nooit ‘n tyd onthou sonder ‘n boetie of sussie nie. Sommiges glo dit verminder wedywering. Baie ma’s is ook bly om op een slag die doek en morsige etery agter die rug te kry. Dit kan egter later lei tot groot finansiële druk wanneer die kinders op dieselfde tyd na-skoolse opleiding moet ontvang.

As jy mal is daaroor om ‘n klein babatjie te versorg en elke oomblik wil koester is ‘n groter gaping dalk eerder vir jou. Dit beteken jy kan meer tyd aan die nuwe aankomeling spandeer, terwyl jou ouer kind(ers) skool of speelgroepie toe gaan. Ouers met groter gapings tussen hulle kinders voel dikwels dat hulle die kinders meer kon geniet omdat hulle nie konstant onder druk gevoel het nie.

Verder is dit soms makliker om gewig te verloor (en af te hou) na ‘n swangerskap as die spasiëring groter was. Jy het immers ‘n beter kans om in oefening te kom voor jy weer swanger raak.

Die mediese sy

‘n Skotse studie van 1992 tot 1998 het gevind dat vroue wat binne 6 maande weer swanger geraak het, ‘n hoër risiko vir komplikasies soos vroeg geboorte of fetale dood kort voor of na die geboorte het. Sedertdien het heelwat studies van oor die wêreld bevestig dat ‘n baie klein gaping tussen swangerskappe ‘n toenemende risiko vir komplikasies vir die volgende baba het. ‘n Baba wat minder as 6 maande na ‘n sib verwek is het ‘n 61% groter kans op lae geboorte gewig, ‘n 40% groter kans om vroeg gebore te word en ‘n 26% groter kans om klein vir gestasie-ouderdom te wees. Die risiko’s verminder elke maand soos die tydperk tussen swangerskappe toeneem en dit word weglaatbaar teen 18 maande. Interessant genoeg tree die risiko’s weer in as babas meer as 59 maande verskil (ongeveer 5 jaar).

Joanna voel dat baie paartjies nie die voorreg het om te kies wanneer die volgende baba moet kom nie. Sy beveel aan dat as jy dus die keuse het, wag tot jy voel jy kan die huidige situasie hanteer. Dit maak immers s’n, as jy natuurlik tyd aan jou kant het, om eerder te wag tot julle dinge onder beheer het voor julle meer druk op julle gesin plaas.

 Onthou ook dat tye verander het. Wat vir jou ma en ouma gewerk het nie noodwendig meer vir jou gaan werk nie. Nie net werk baie vroue deesdae nie, maar ons sosiale ondersteunings netwerke het ook baie verander.

Ek het met ‘n paar ouers gepraat om te hoor hoe hulle die verskillende ouderdomsgapings ervaar. Hulle vertel wat die vreugdes en uitdagings van die ouderdomsverskille is en gee handige wenke. Gaan loer na wat hulle te sê gehad het hier:

Klein gaping (minder as 18 maande)

Medium gaping (18 maande tot 3 jaar)

Groot gaping (meer as 4 jaar)