Ons het die heerlikste pret gehad om geldjies te probeer skoon maak. Die kinders het eers begin deur dit met koeksoda en ‘n ou tandeborsel te skrop en toe in asynwater af te spoel. Dit was hope pret, maar nie ‘n reuse sukses.
Daarom het ek besluit om eerder ander skoonmaak metodes vir hulle te wys. Ons het toe van die munte in tamatiesous gegooi. Ander het ons in ‘n houer asyn gegooi en dit geskud vir omtrent ‘n minuut. Heel laaste het ek ‘n paar munte met Brasso blink gevryf.
Die kinders was mal oor die “eksperimente”. Die koeksoda skrop en asyn skud was hulle 2 gunstelinge. En die Brasso die minste. Soos ons bul gesê het “dit maak my nies”.
Vir die wat mag wonder wat die resultate was. Hier is ‘n foto. Van links na regs: Brasso, tamatiesous, asyn-skud en gewone munte (soos na die koeksoda skrop). Dit is ook dan die volgorde van blink na minste blink. Die Brasso en asyn-skud was die vinnigste en die tamatiesous het die langste gevat.