Die kinders se partytjie was laas maand. Soos altyd het hulle hul gate uit geniet. Die enigste ongelukkigheid is dat dit nog so laaaank voor die volgende partytjie is. Erger nog die versoeke wat inkom vir volgende jaar maak my bang. Klink so al vir my of ek die keer iemand professioneel sal moet kry om daai koek bestelling reg te kry.
Die 20 kinders se grootste doel die dag was blykbaar om te kyk hoeveel kinders op een slag op die klimraam of trampolien kan pas. Die antwoord is: Verbysterend baie!
Maar soos die Ingelse se “A picture speaks a 1000 words”. So hier is eerder ‘n klompie foto’s van al die pret.
NS. Baie dankie vir Julian Kruger Photography en my klein sus Carla vir die mooi foto’s