Posts Tagged With: verjaarsdag

Die Dinosourusse verjaar

Die kinders se partytjie was laas maand. Soos altyd het hulle hul gate uit geniet. Die enigste ongelukkigheid is dat dit nog so laaaank voor die volgende partytjie is. Erger nog die versoeke wat inkom vir volgende jaar maak my bang. Klink so al vir my of ek die keer iemand professioneel sal moet kry om daai koek bestelling reg te kry.
Die 20 kinders se grootste doel die dag was blykbaar om te kyk hoeveel kinders op een slag op die klimraam of trampolien kan pas. Die antwoord is: Verbysterend baie!

Lees voort

Categories: Bak en brou, Die woelwaters | Sleutelwoorde: , | Lewer kommentaar

Verjaarsdag vlyt

IMG_9409

Dit is manlief se verjaarsdag maand. Ons 3 by die huis was dus die maand vreeslik besig om vir hom geskenkies te maak. Dit was soveel pret vir die 2 rakkers. Hulle het dit ongelooflik geniet om al die verrassings vir pappa te maak. En buiten vir ons knaap wat dit laat deur skemer het dat ons ‘n liedjie op die Glockenspiel oefen en ons pop wat 2 dae voor die groot dag laat glip het dat ons vir hom koekies gebak het, was hy salig onbewus van ons geknoei. Lees voort

Categories: Die woelwaters, Kunsvlyt, Tuisonderrig | Sleutelwoorde: , , | Lewer kommentaar

Blog at WordPress.com.