So vertel ‘n vriendin ewe ernstig vir my die ander dag dat babas of vroeg kruip of vroeg praat. Wie met al die goed vorendag kom kan ek net altyd wonder. Hierdie een se oorsprong kan ek ten minste verstaan. Iemand wou duidelik die tipiese nuwe-ma-paniek besweer. Nie dat dit saak maak of ‘n baba een van die goed vroeg of laat doen nie, maar elke nuwe ma is mos maar bekommerd oor die snaakste dingetjies. Ons word gebore om te kloek oor ons kinders.
Dan is daar natuurlik die ouvrou stories wat ‘n mens net kan laat lag en heel onskadelik is. Dis nou goed soos “moenie ‘n kind met waterpokkies bad nie”. Dan slaan dit glo na binne. Ek dink meeste kinders sal maar net te bly wees om ‘n dag of wat ‘n varkie aand te hou.
Sommige van die onwaarhede/veralgemenings kan egter minder goeie gevolge hê. Ek dink maar aan iets soos “borsbabas slaap nooit deur nie”. ‘n Moeë ma kan dalk net in die strik trap en dink ‘n bottel gaan haar ‘n goeie nagrus besorg.
Watter interessante ouvrou stories het jy al raak gehoor of gelees?
‘n ouvroustorie is dat swanger ma’s nie hulle hande hoog bokant hulle kop moet optel soos bv in wasgoedophang nie, want dit veroorsaak dat die naelstring om die babatjiese nek kan kom. Ek het gedink dis snert, maar tog die hoog optelding vermy. Met my 3de swangeskap het ek nie ander keuse gehad nie en het maar wasgoed opgehande ens tot op einde. Die naelstring was om daardie 3de babatjie van my se nek. Genadiglik het sy nie skade oorgehou waatvan on bewus is nie, maar sy was blou by geboorte.
Ek het ook al van daai een gehoor. En hy’s verseker op my hou-van lysie ongeag of daar waarheid in steek of nie. Watter swangerma wil immers staan en wasgoed ophang?
Ek is bly dat alles wel geëindig het vir julle.
Ek dink ek het wel wasgoed opgehang… BAIE goed gedoen wat ek nie mag gedoen het nie… 🙂 Maar genadiglik was Genade aan my kant.
Toe maar Toortsie, ek ook. Ek sou darem wat wou gee, as iemand ander die wasgoed kon ophang en al daai ou dingetjie terwyl ek swanger was.