Die Kaap Tuisskool Ekspo is om die draai. Dit vind die jaar in Stellenbosch plaas op Saterdag, 1 Oktober 2022.
Ongelukkig gaan ek nie hierdie jaar daar gaan gesig wys nie. My kinders se gimnastiek wat in Gauteng plaasvind het hierdie rondte gewen. As jy wel by die Ekspo is loer in die Ekspo sak, want daarin is ‘n heerlike afslag bewys wat jy enige tyd in Oktober by my aanlynwinkel kan gebruik.
Daar sal ook van my aktiwiteitbladsye wees by die kindertafels wees, sodat die jong klomp nie verveeld rond hoef te sit terwyl ma en pa deur die stalletjies snuffel of na ‘n lesing gaan luister nie. My aanbeveling is egter om eerder die eendag in die jaar jou kinders in iemand ander se sorg te los, sodat jy net rustig en gefokus die ekspo kan geniet.
As jy tuisonderwys of alternatiewe onderwys oorweeg, of bloot net ‘n dag tussen ander tuisskolers wil deur bring, kom maak ‘n draai by die Ekspo. Die CHE (Cape Home Educators) het ook daar ‘n stalletjie waar jy bloot vir raad kan aanklop en met ervare tuisskoolma’s kan praat.
Kom ondersteun ook gerus die jong entrepreneurs wat hul produkte gaan verkoop of snuffel deur die tweedehandse hulpbronne wat ouers te koop aanbied.
Kaartjies is aanlyn of by die deur beskikbaar teen R50 vir volwassenes (kinders gratis). Meer inligting by https://homeschoolexpo.co.za/blog/2022/01/07/che-kaapstad-tuisonderwys-ekspo-2022/