Hierdie is die eerste keer wat ek vir my jongste ook ‘n leeslys het. Sy is ‘n tipiese voorbeeld van waarom tuisskolers nie oor die algemeen graag grade aan hul kinders wil koppel nie.
Sy verjaar laat in die jaar en in haar leesvaardigheid was dit altyd nog duidelik. Begin van 2022 sou sy beslis “agter” vir lees gewees het vir graad 3. Sy kon lees, maar het nog geen begeerte gehad om dit te doen nie. Als was dus nog geklank en het super stadig gegaan.
Net voor die paasnaweek het sy egter besluit sy wil ook lees soos ouboet en -sus. En daar trek sy los. Met elke boek gaan dit vinniger en makliker. Sy het geen probleem om moeiliker boeke aan te pak nie en het die jaar 80 boeke gelees, waarvan ‘n goeie paar lywige boeke was.
Sy het die jaar afgesluit met Baasspeurder Blomkwist van Astrid Lindgren wat sy 2 Januarie 2023 klaar gemaak het (dus haar eerste boek vir die nuwe jaar se leeslys).
Agter met lees is sy beslis nie meer nie. Dit is die verskil wat ‘n bietjie tyd maak. Maar dan moet kinders dit gegun word. Dan kan hulle laat begin lees en steeds mal oor lees wees.
Haar gunsteling boeke vir die jaar was Fanie Viljoen se Die Geheime Bestanddeel in Petra Pienk se Piesangbrood en Mariana Brandt se Diva Veronica.
Op haar leeslys in Afrikaans vir die jaar was:
1. Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo –
2. Lallie se Memwhaars: Die Zeekoei – Lee-Ann Steenkamp
3. Vos en Haas – Sylvia van den Heede
4. Totsiens Vos, Totsiens Haas – Sylvia van den Heede
5. Vos en Haas op die Eiland – Sylvia van den Heede
6. Hallo, Vos! Hallo, Haas! – Sylvia van den Heede
7. Josias: Kat van die Rommelwinkel – Michelle Holloway
8. Lana en Rakker: ‘n Huis vir Rakker – Holly Webb
9. Lana en Rakker: Die Hondeskool – Holly Webb
10. Lana en Rakker: Speeltyd vir Rakker – Holly Webb
11. Lana en Rakker: Die Pajamapartytjie – Holly Webb
12. Lana en Rakker: Rakker word ‘n Ster – Holly Webb
13. Lana en Rakker: Rakker se Prettige Kersfees – Holly Webb
14. Speurder Kwaaikofski: Speurder teen Speurder – Jürgen Banshcerus
15. Speurder Kwaaikofski: Muise en Gespuise – Jürgen Banshcerus
16. Speurder Kwaaikofski:Die Stinkstorie – Jürgen Banshcerus
17. Speurder Kwaaikofski: Die Slinkse Slangslenter – Jürgen Banshcerus
18. Thomas en Hans – Chris Scheffer
19. Operasie M.I.A.A.U. – Carina Diedericks-Hugo
20. Aspris-Krokkedis – Theresa van Baalen
21. “Maar Hy’t dan Meer as Ek!” – Stephanie Roehe
22. Moenie vir Bernard Soen nie! – Niki Daly
23. Die Kolonel – Esta Steyn
24. Oorleef! – Martie Kruger
25. Karla Krullebol – Theresa van Baalen
26. Arthur tussen die Muise – Daniel Joris
27. Miko loop weg – Brigitte Weninger
28. Miko gaan See toe – Brigitte Weninger
29. Dirk soek ‘n drukkie – David Melling
30. Lana en Rakker: Rakker en die Troue – Holly Webb
31. Speurder Kwaaikofski: Monsters, Maanlig en Mottegif – Jürgen Banshcerus
32. Speurder Kwaaikofski: Die Pienk Skoolspook – Jürgen Banshcerus
33. Speurder Kwaaikofski: Die Aand van die Blou Kaalkoppe – Jürgen Banshcerus
34. Speurder Kwaaikofski: Vuilspel en Nat Voete – Jürgen Banshcerus
35. Speurder Kwaaikofski: Honde, Hoede en Hande – Jürgen Banshcerus
36. Potjie en Pretoria – Lynn Bedford Hall
37. Los Ons Uit! – Martie Preller
38. Die Seekoei wat Gelukkig was – Rachel Elliot
39. Die Leeu wat Skaam was – Tiziana Bendall-Brunello
40. Die Sebra wat Hartseer was – Rachel Elliot
41. Mia en Marnus Leer Swem – Jean en Gareth Adamson
42. Lana en Rakker: Vakansie by die see – Holly Webb
43. Oe la la, Lulu – Fanie Viljoen
44. Agent Snoet en die Kattekwaad – Francois Bloemhof
45. Moeder Gans se Rympies en Stories – Axel Scheffler
46. Belladonna, Prima Donna – Phillip de Vos
47. Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood – Fanie Viljoen
48. Hokaai, Lulu – Fanie Viljoen
49. Bravo, Lulu – Fanie Viljoen
50. Ek ken ‘n renoster – Charles Fuge
51. 1001 Grappe – Jaco Jacobs
52. Kougom in my hare en ander rympies – Jaco Jacobs
53. Aksieheld Austin: Operasie Sabotasie – Fanie Viljoen
54. Diva Veronica – Mariana Brandt
55. Ansofie Plank: Die Lummel se laarse – Anna Emm
56. Oepse daisy, Lulu – Fanie Viljoen
57. Hendrik Leerdam: Seereis na die Kaap – James Home & Peter Mascher
58. Hendrik Leerdam: Kaap van Storms – James Home & Peter Mascher
59. La-di-da Lulu – Fanie Viljoen
60. Aksieheld Austin: Nag van Grille – Fanie Viljoen
61. Napoleon die blouskimmel – Mikro
62. Jamie en Sebastiaan en die storiemol – Martie Kruger en Martie Preller
63. Nugget en die seekat – Peter Louw
64. Die Avonture van Magrietjie Swaaiboude – Marianna Brandt
65. Profesor fossilus en die Dinosourusse – Louise Smit
66. Gertjie maak ‘n Plan – Kay Esnouf
67. Varkentjie se groot rol
68. Operasie Ratel – Elizabeth Dale
69. Jy is spesiaal – Max Lucado
70. Jy is myne – Max Lucado
71. Die heel beste – Max Lucado
72. Dif bly spif – Michaela Morgan
73. Die Baashond van Bloemstraat – Rita Ray
74. Gevaarlike Tekkies – Susan gates
75. Die Bont Broek – Irene Rawsley
76. Antjie en die Krimpvarkies – John Coldwell
77. ‘n Los werkie vir Dirkie en Dolfie – Nick Warburton
78. Leentjie is soek – Colette Senior
79. Die Kleinste Dinosourus – Michael Foreman
80. Nugget en die vuurpyl – Peter Louw
En op die Engelse lys was:
1. The very hungry Caterpillar – Eric Carle
2. In my flower – Sara Gillingham
3. Upsy Daisy loves the Ninky Nonk! – Andrew Davenport
4. What a funny noise! – Andrew Davenport
5. Sticker swaps – Marie Birkinshaw
6. This little Piggy played the fiddle – Susan James Frye
7. Cookies – Claire Clark
8. Giddy-up – Susan James
9. At my house – Clair Clark
Waaaaaar kry jy al die amaaaaaazing Afrikaanse boeke?
Jong, van dit is in ons biblioteek beskikbaar en ander het ek so oor die jare tweedehands uitgesnuffel. Dit help dat ek al 2 ouer kinders het vir wie ek ook boeke moes soek om op die ouderdom te lees.