Uiteindelik kom ek daarby uit om my seun se leeslys van laas jaar met julle te deel. 2022 is al amper vergete verby is, maar dis seker liewer laat as nooit.
Sy lys kort ook ‘n hele paar titels. Ons het probeer om te onthou wat hy die eerste helfte van laas jaar gelees het, maar het beslis nie als onthou nie. Tog gee die lys julle darem ‘n idee van wat hy gelees het.
Hy sukkel maar om Afrikaanse boeke te vind om te lees. Die nuwerwetse boeke val meestal nie in sy smaak nie en ouer boeke is nie altyd maklik om in die hande te kry nie.
Buiten vir die feit dat hy sukkel om heilsame leesstof te vind is sy grootste uitdaging om tyd te kry vir lees. Hy lees saans voor hy gaan slaap, maar kry meestal nie meer deesdae tyd om bedags te lees nie. Die gimnastiek het begin om ook Saterdae in te slurp wat tyd vir net lê en lees baie beperk. In die bietjie aftye wat hy wel het het hy gewoonlik een of ander projek waaraan hy wil werk.
In Engels het hy Bryan Jacques se boeke baie geniet. In Afrikaans het daar nie regtig ‘n boek uitgestaan vir hom laas jaar nie.
Op sy Afrikaanse lys was:
1. Ouplaas se skatsoekers – Emily Pieterse
2. Wilde Avontuur – W.S. Sutherland
3. Bewakers van die blokhuis – Bennie Fritz
4. Sersant Barodien, Kaapse Korps – Dan Sleigh
5. T’sats se kind – Willem D Kotze
6. Die Otters – Cor Dirks
7. Die Uile – Cor Dirks
8. Uile en die rampokkers – Cor Dirks
9. Breuk onder die Uile – Cor Dirks
10. Die Uile in die wildtuin – Cor Dirks
11. Die Otters se koshuisstreke – Cor Dirks
12. Lategan se Goud – Doc Immelman
13. ‘n Kwartmiljoen Mauserpatrone – Doc Immelman
14. Jacques Roux se vuurdoop op Ceres – Kowe Rossouw
15. Die Spookhuis van Stormberg – ID Lamprecht
En in Engels:
1. Volcano Adventure – Willard Price
2. Mud, sweat and tears – Bear Grylls (Autobiography)
3. Young Sherlock Holmes: Black Ice – Andrew Lane
4. Young Sherlock Holmes: Red Leech – Andrew Lane
5. The Haunted Mesa – Louis L’amour
6. Special Agents: Deep End – Sam Hutton
7. The Story of King Arthur and His Knights – Howard Pyle
8. The Hardy Boys: The Borgia Dagger – Franklin W. Dixon
9. The Hardy Boys: Too Many Traitors – Franklin W. Dixon
10. Marlfox: Enter the Players – Brian Jacques
11. Marlfox: Four Chieftains going forth – Brian Jacques
12. Marlfox: The Queen’s Island – Brian Jacques
13. Loamhedge: They’re not as big as I though They’d Be – Brian Jacques
14. Loamhedge: If Only They Were Back Here at Redwall – Brian Jacques
15. Loamhedge: We Lived One Summer Too Long – Brian Jacques
16. Lord Brocktree: The Days of Ungatt Trunn – Brian Jacques
17. Lord Brocktree: At the Court of King Bucko – Brian Jacques
18. Lord Brocktree: Comes a Badger Lord – Brian Jacques
19. High Rhulain: The Forgotten Tome – Brian Jacques
20. High Rhulain: The Fool of the Sea – Brian Jacques
21. High Rhulain: Across the Western Sea – Brian Jacques
22. The Legend of Luke: Martin – Brian Jacques
23. The Legend of Luke: Luke – Brian Jacques
24. The Legend of Luke: A Warrior’s Legacy – Brian Jacques
25. Doomwyte: The Raven– Brian Jacques
26. Doomwyte: A Prince’s Decendants– Brian Jacques
27. Doomwyte: Baliss– Brian Jacques
28. King Solomon’s Mines – Rider Haggard
29. Young Sherlock Holmes: Snake Bite – Andrew Lane
30, Jimmy Coates: Sabotage – Joe Craig
31. Alex Rider: Eagle Strike – Anthony Horowitz
32. The Prisoner – Robert Muchamore
33. Alex Rider: Scorpia – Anthony Horowitz
34. Alex Rider: Ark Angel – Anthony Horowitz
35. Alex Rider: Snakehead – Anthony Horowitz
36. Alex Rider: Crocodile Tears – Anthony Horowitz
37. Alex Rider: Scorpia Rising – Anthony Horowitz
38. Alex Rider: Russian Roulette – Anthony Horowitz
39. Salamandastron: Questors and Runaways – Brian Jacques
40. Salamandastron: Warriors and Monsters – Brian Jacques
41. Salamandastron: Destinies and Homecomers – Brian Jacques
42. Horrible Histories: The Terrible Tudors – Terry Deary & Neil Tonge
43. The Slimy Stuarts – Terry Deary
44. The Maze runner – James Dasher
45. The scorch trials – James Dasher
46. Jubal Sackett: His Major Frontier Novel – Louis L’Amour
Goeiste, hy lees baie! 10 uit 10 vir julle. Ek soy graag st kommentaar wou hoor oor reekse soos by Die uile of die Hardy boys, wat eintlik al “ou” boeke is. Ek het die hele uile rewka noy gekoop vur my kleinseuns wat nou 12 gaan word, maar us bang dis rw verouderd soos trompie en Saartjie wat bv vrugtesteel as vet pret beskou het, maar wat in deesdae se lewe eenvoudig nie iets is wat gedoen mag word nie.
Goeiste, hy lees baie! 10 uit 10 vir julle. Ek sou graag sy kommentaar wou hoor oor reekse soos by Die uile of die Hardy boys, wat eintlik al “ou” boeke is. Ek het die hele Uile reeks nou gekoop vir my kleinseuns wat nou 12 gaan word, maar is bang dis te verouderd soos trompie en Saartjie wat bv vrugtesteel as vet pret beskou het, maar wat in deesdae se lewe eenvoudig nie iets is wat gedoen mag word nie.
Hy voel dis lekker boeke vir rondom 12 / 13. Daar is wel kattekwaad in. Dis egter seker soos enige ander boek wat mens oor ‘n ander tydperk lees. Dalk is dit ‘n goeie plek om te verduidelik dat dinge verander het.