1

Leeslys van ‘n 16-jarige seun

4 January 2024
Share

My 16-jarige het laas jaar 93 boeke gelees. Hy is altyd besig en tyd vir lees in die dag is daar gewoonlik nie, maar hy geniet dit om saans te lees voordat hy gaan slaap.

Van al my kinders is dit die moeilikste om vir hom leesstof op te spoor. Hy geniet avonture en aksie stories, maar geskikte leesstof vir jongmanne in die genre is maar skaars. Ongelukkig bevat baie van die boeke gemik op die mark vloekwoorde en geweld en wraak. Van die voorblaaie gee my al nagmerries, ek wil eerder nie weet wat binne ingeskryf is nie. Ek moet waarsku dat ek nie al die boeke op sy leeslys as heilsaam sal beskryf nie, alhoewel hy baie hard probeer om sulke boeke te vind.

In Engels vind mens nog nuwer boeke gemik op tiener LESERS, maar in Afrikaans is die nuwer tiener boeke blits-leesboeke wat nie baie om die lyf het nie, veral as dit vir seuns geskryf is. Ek het begrip vir die skrywers wat kos op die tafel moet sit en met ‘n mark sit wat kort stories verkies, sodat hul na iets nuuts kan spring. Dit maak dit egter nie maklik vir knape soos myne wat na meer opsoek is nie. Dit maak my ook hartseer om te dink dat daar nie soos in die verlede nuwe literêre skatte toegevoeg word in ons taal nie. Ligte leesstof sal altyd ‘n mark hê, maar op die lang duur is dit nie die leesstof wat die toets van tyd deurstaan nie.

Dis ook nie maklik om altyd ouer boeke vir hom op te spoor nie, veral omdat dit juis die boeke is waarvan biblioteke ontslae raak om plek te maak vir nuwer leesstof. Deel gerus op die kommentaar as julle goeie boeke vir jongmanne raak gelees het. Een van sy ontdekkings die jaar was Sigmund Brouwer se boeke. Ongelukkig kon ons nog net 1 reeks van hom in die hande kry.

Ek weet hy kan na volwasse literatuur oorbeweeg, maar het nog nie kans gesien vir daardie mynveld nie.

Sy gunsteling Afrikaanse boeke die jaar was weer die Oloff reeks. Hy is net steeds naarstiglike opsoek na die 8 boeke wat nie herdruk is nie, maar kon nog nie van hulle opspoor nie. In Engels was die Robot Wars reeks deur Sigmund Brower en Brain Jacques se Redwall reeks sy gunstelinge.

In Afrikaans het hy gelees:
1. Die Skipperskneg van Spookbaai – Nickey van Schalkwyk
2. Die Leeu van Okarusewa – Doc Immelman
3. Die Buffeljagter – Doc Immelman
4. Seeman van die Albatros – ID Lamprecht
5. Die Sluikhandelaars – Adriaan Jordaan – waarsku kinders teen die gevare van dwelms en dwelmhandel
6. Die Speurders van Waterval – ID Lamprecht
7. Deur die Woestyn – Karl May
8. ‘n Tuiste vir Bitis – Freda Linde – inligting oor slange
9. Skat tussen die duine – Jan J. van der Post
10. Die uile in die kalahari – Cor Dirks
11. Die uile in die verlore stad – Cor Dirks
12. Die uile langs die Limpopo – Cor Dirks
13. Fritz Deelman en die Diepsee-duikbol – Leon Rousseau
14. Fritz Deelman en die Gori Lama – Leon Rousseau
15. Nag oor Ninive – HS van Blerk
16. Die Grenswag – Jan Fick
17. Fritz Deelman en die Suidpoolbende – Leon Rousseau
18. Fritz Deelman en die groen Dood – Leon Rousseau
19. Oloff die seerower: Die Swaardvegter – Gerrie Radlof 1
20. Oloff die seerower: Die seewraak – Gerrie Radlof 2
21. Tarzan die aapman – Edgar Rice Burroughs
22. Fritz Deelman en die Swart Eiland – Leon Rousseau
23. Fritz Deelman en die Skepe van Mars – Leon Rousseau
24. Tarzan koning van die oerwoud – Edgar Rice Burroughs
25. Oloff die seerower: Die skuim van die see – Gerrie Radlof 3
26. Oloff die seerower: Kaptein Oloff – Gerrie Radlof 4
27. Oloff die seerower: Die Verraaier- Gerrie Radlof 5
28. Oloff die seerower: Drie vreemde kapers- Gerrie Radlof 6
29. Oloff die seerower: Die Losprys – Gerrie Radlof 7
30. Oloff die seerower: Valk in die kraaines – Gerrie Radlof 8
31. Wit Oemfaan – FA Venter
32. Oloff die seerower: Die Spioen – Gerrie Radlof 9
33. Oloff die seerower: Aasvoels van die see – Gerrie Radlof 10
34. Oloff die seerower: Die swart Seemeeu – Gerrie Radlof 11
35. Oloff die seerower: Die Vloot van verwoesting – Gerrie Radlof 12
36. Die boomhuis met 26 vloere – Andy Griffiths
37. Oloff die seerower: Die Arm uit die see – Gerrie Radlof 13
38. Oloff die seerower: Die Seerower se buit – Gerrie Radlof 14
39. Oloff die seerower: Die blou robyn – Gerrie Radlof 15
40. Oloff die seerower: Die Spoolskip van biskaje – Gerrie Radlof 16
41. Projek x: Vreemdelinge – Heila Fourie
42. Projek x: Vreemde werklikheid – Heila Fourie
43. Projek x: Kodenaam Centaurus – Martin Labuschagne
44. Projek x: Vreemde visoene – Heila Fourie

In Engels het hy gelees:
1. The Sackett Brand – Louis L’Amour
2. Sackett – Louis L’Amour
3. Majave Crossing – Louis L’Amour
4. The Lonely Men – Louis L’Amour
5. The Light Beyond the Forest – Rosemary Sutcliff
6. Galloway – Louis L’Amour
7. All the wrong questions 2: When Did you see her last – Lemony Snicket
8. Mustang man – Louis L’Amour
9. The Death cure – James Dasher
10. The Kill order – James Dasher
11. The Sky-Liners– Louis L’Amour
12. The 117-storey tree house – Andy Griffiths and Terry Denton
13. The 130-storey tree house – Andy Griffiths and Terry Denton
14. The world’s worst teachers – David Walliams
15. The Hardy boys: Cfuhrerscheinrusade of the Flaming Swords – Franklin W Dixon
16. Rob Roy – Walter Scott
17. Born of the Sun – Gillian Cross
18. Robot Wars: Death Trap – Sigmund Brouwer
19. Robot Wars: Double Cross – Sigmund Brouwer
20. Robot Wars: Ambush – Sigmund Brouwer
21. Robot Wars: Counterattack – Sigmund Brouwer
22. Robot Wars: Final Battle – Sigmund Brouwer
23. Thunderbolt – Wilbur Smith
24. The Son of Tarzan – Edgar Rice Burroughs
25. Tarzan and the Earth’s Core – Edgar Rice Burroughs
26. The fever code – James Dashner
27. Stranded – Jeff Probst
28. Trial by fire – Jeff Probst
29. Survivors – Jeff Probst
30. Ivanhoe – Walter Scott
31. Wolf Brother – Jim Kjelgaard
32. Wlliam Wenton and the Luridium Thief – Bobbie Peers
33. Orion Lost – Alastair Chisholm
34. Swift Rivers – Cornelia Meigs
35. The Yearling – Marjorie Kinnan Rawlings
36. The 65-storey treehouse – Andy Griffiths
37. The 91-storey treehouse – Andy Griffiths
38. The 39-storey treehouse – Andy Griffiths
39. Treasure Hunter – Allan Baillie
40. Alex Rider: Nightshade – Anthony Horowitz
>41. Alex Rider: Secret Weapon – Anthony Horowitz
42. The Red Badge of Courage – Oliver Ho
43. Spy Girl: Once upon a crime – Carol Hedges
44. Carry on, Mr. Bowditch – Jean Lee Latham
45. The Taggerung – Brayn Jacques
46. Special Forces Cadets: Siege – Chris Ryan
47. Willam Wenton and the Secret Portal – Bobbie Peers
48. Eulalia! – Brian Jacques
49. The Pearls of Lutra – Brian Jacques