Posts Tagged With: allergie

Maak jou eie 2-in-1 waspoeier

Vandat ek maar kan onthou was my ma met Ecosoft waspoeier. Vir ons klomp allergie siele het dit nog altyd gewerk. Ek het egter nie besef presies hoe wonderlik dit werk tot dit die jaar van die mark af gegaan het nie. Ek is verbysterd hoe swak meeste waspoeiers werk. Duidelik was ek bederf.

Skielik kan ek nie meer ‘n vol bondel in my 14kg wasmasjien skoon kry nie. Dit was egter nie die groot probleem gewees nie. My knaap was. Soos sake staan moet ek toe uitvind hy is allergies vir die meeste waspoeiers. Ek sê meeste, want dalk is daar iewers een daar buite wat vir hom sal werk. Tot dus ver kon ek dit egter nog nie vind nie. Dankie vir oulike vriendinne wat vir my bietjies gegee het om uit te toets. Van die lot het Bio-classic sy neus die minste ontstel. Lees voort

Advertisements
Categories: Alles in 'n dag | Sleutelwoordw: ,,,,,,,, | 7 Kommentaar

Refluks en intoleransie

Ek wil nou al lankal tyd af knyp om ons refluks storie en alles wat ons in die proses geleer het te deel. Ek weet egter dit gaan lywig raak en met 2 woelwaters in die huis bly ek uitstel. Hier is dit egter uiteindelik!

Ons oudste is op 39 weke gebore. ‘n Gesonde 3.705kg. Sommer nog terwyl ons in die hospitaal was het hy begin spoeg/opgooi. Die pediater was oortuig dat daar nog vog op sy longe was, wat hom naar gemaak het. Die is dus uitgesuig, maar dit het niks verander. Lees voort

Categories: Baba, kleuter, peuter | Sleutelwoordw: ,,, | 2 Kommentaar

Toe net die brood

Ellard het oor die vakansie begin hand uit ruk. Hy het die aller verskriklikste woede uitbarstings begin kry. Niemand kon met hom huis hou nie. Dit het net al erger en erger geraak. Ek het later net nie meer geweet wat om te doen nie. Die kleinste dingetjie kon hom so kwaad maak dat sy kop heeltemal uithaak vir ‘n halfuur en dan gil hy histeries en slaan en skop. Dis te verskriklik en ons moes 3/4 keer ‘n dag daardeur. (Carla het een beleef en sal weet wat ek bedoel.)

Genadiglik het Nadia met Lara hier kom speel die vorige week Lees voort

Categories: Alles in 'n dag | Sleutelwoordw: ,, | Lewer kommentaar

Create a free website or blog at WordPress.com.