Posts Tagged With: luister stories

Luister stories

Om vir kinders voor te lees is seker een van die beste dinge wat jy vir hul ontwikkeling kan doen. Ek gaan nie in al die detail van die voordele in gaan nie. Daar is reeds verskeie artikels oor dit soos die van Raise smart kid en sixwise. Ek kan wel so baie van die voordele in my eie spruite sien. Ek sien hoe die stories dikwels in hulle verbeelding spel te voorskyn kom. Daarby verbaas dit my altyd dat hulle groot dele uit hul kop kan herhaal.

IMG_5568

Heelwat mense glo dat mens ten minste ‘n uur elke dag vir jou kinders moet lees. Voor ons jongste se geboorte het ek ook meeste dae dit gedoen, sommige dae selfs langer. Ons lees steeds elke dag, maar vandat sy gebore kom ek egter nie elke dag by ‘n uur uit nie. Ek het wel ‘n kort pad ontdek. Dit is nie heeltemal dieselfde nie, maar dit hou tog steeds van die voordele in. My kinders luister elke dag na storie CD’s en verseker meer as ‘n uur daarvan. Hulle is mal oor die stories. Ek vermoed dat dit hul luister vaardighede en konsentrasie nog meer as voorlees op bou, want daar is nie prente om na te kyk nie. Nie dat die boeke wat ons meestal lees baie prente het nie, maar tog.  Lees voort

Advertisements
Categories: Graad 1, Ons lees, Tuisonderrig, Voorskool | Sleutelwoordw: ,, | 6 Kommentaar

Create a free website or blog at WordPress.com.