13 December 2014
Share

Om vir kinders voor te lees is seker een van die beste dinge wat jy vir hul ontwikkeling kan doen. Ek gaan nie in al die detail van die voordele in gaan nie. Daar is reeds verskeie artikels oor dit soos die van Raise smart kid en sixwise. Ek kan wel so baie van die voordele in my eie spruite sien. Ek sien hoe die stories dikwels in hulle verbeelding spel te voorskyn kom. Daarby verbaas dit my altyd dat hulle groot dele uit hul kop kan herhaal.

IMG_5568

Heelwat mense glo dat mens ten minste ‘n uur elke dag vir jou kinders moet lees. Voor ons jongste se geboorte het ek ook meeste dae dit gedoen, sommige dae selfs langer. Ons lees steeds elke dag, maar vandat sy gebore kom ek egter nie elke dag by ‘n uur uit nie. Ek het wel ‘n kort pad ontdek. Dit is nie heeltemal dieselfde nie, maar dit hou tog steeds van die voordele in. My kinders luister elke dag na storie CD’s en verseker meer as ‘n uur daarvan. Hulle is mal oor die stories. Ek vermoed dat dit hul luister vaardighede en konsentrasie nog meer as voorlees op bou, want daar is nie prente om na te kyk nie. Nie dat die boeke wat ons meestal lees baie prente het nie, maar tog. 

Ek het meeste van die CD’s al omgeskakel na mp3 formaat. Dit help dat die CD’s nie beskadig word nie. Dit gebeur tog so maklik.

Ek wil graag met julle deel wat op ons CD rak is. Dalk ontdek jul ook iets interessant om na te luister

Prof Ontplof is ‘n groot gunsteling. Ek sien daar is selfs nou ‘n 2de een uit. Ek sal dit vir die kinders moet kry.

– Ons het ook ‘n string stories van Anna Emm produksies. Dit sluit in Lang pad stories 1 – 3, Speurder Morris Muis 1 – 3, Vita stories (Sewe klein katjies, Nollie die varkie en Skilpad en die jakkalsies), Katteloffie, Die Apies, ‘n Slymerige slak-storie en Siegbert trapsuutjies.Hulle het juis nou weer ‘n hele paar nuwe stories waarna ek loer.

– Anna Rudolph se Kinderstorie Toneeltjies en liedjies was veral ‘n gunsteling toe die kinders bietjie jonger was.

– Ou stories soos  Woepies Wurm, Hendrik die hoenderhaan en Kadoefie die lokomotief bly gewild

– Die Goggatjie storie CDs (Goggatjie gaan wildtuin toe #3, Goggatjie gaan see toe #5 en Goggatjie gaan plaas toe #7)

– Honiball se Adoons-hulle en Jakkals en wolf (Ons knaap kan tog te lekker lag vir al Jakkals se streke)

– Allerbeste kinderstories (daar is ‘n paar stories op waaroor ons nie te gek is nie, maar meeste is oulik)

– Ons het ook vroeër op Karoolus en Lente se kinderklub in geteken. Die kinders het elke 2de maand ‘n storie CD (en elke ander maand ‘n DVD) ontvang.

– Ons is ook so gelukkig dat hul vroeër ouma Storiemuis CD’s kon luister (Ons 7 jarige het egter besluit dat hy nou te groot vir dit is)

Ek sal weer moet begin soek na nuwe stories. Ons het die klompie al op geluister. Wat is gunstelinge in julle huis?