Posts Tagged With: kinders

Die ewige wipplank

Die geskiedenis leer ons dat die mensDOM ‘n ewige stryd het om balans te vind. Ons wipplank van die een ekstreem na die ander sonder om ooit ewewig en ons balans te vind.

Dit blyk tuis ook my grootste uitdaging te wees. Wanneer ons op ‘n plek is waar ek voel dat ek genoeg tyd het om interessante en opwindende dinge saam met die kinders te doen – Eksperimente en kunsvlyt en sommer net tyd om aandag aan almal se belangstellings te gee – dan lyk dit asof ‘n orkaan ons huis getref het! Lees voort

Advertisements
Categories: Alles in 'n dag, Uncategorized | Sleutelwoordw: ,, | 4 Kommentaar

Verveeld genoeg

Ek het oor die jare al heelwat gesprekke gevolg in die tuisonderwys kringe oor verveelde kinders. Daar is die wat raad gee dat kinders verveeld moet wees om weer die lekker van ontdek en leer te leer ken. En dan ander wat dit as nalatig beskou.

Dit is egter eers onlangs wat ek dit beter begin verstaan het en die waarde van verveeld wees ontdek het. En dit het niks te doen met hoeveel jy met jou kinders doen of werk nie. Dit het wel te doen met ekstrene stimulasie en skedules. Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Uncategorized | Sleutelwoordw: ,,,, | 9 Kommentaar

Kinders en die Bybel

‘n Paar jaar terug het ek ‘n nuwe vriendin ontmoet wat nie vir haar kinders uit Kinderbybels gelees het nie, maar uit die Bybel. Dit was vir my ‘n vreemde konsep. Was die Bybel nie bietjie te ingewikkeld vir klein kindertjies nie? My eie kinders wat op daardie stadium 3 en 5. Tog was ek al redelik uit gelees aan die prente Bybels en hul herhalende temas.

Ons het dit dus probeer en ek was redelik verbaas hoe baie die kinders werklik verstaan het. Vandag verbaas dit my nie meer so baie nie. Ek het al agter gekom dat kinders se boeke al meer en meer vereenvoudig geraak het deur die jare. Daar was immers ‘n tyd wat kinders leer lees het deur die Bybel te lees! Lees voort

Categories: kleuter, Ons lees, Ouerskap | Sleutelwoordw: ,,,, | 2 Kommentaar

Luister stories

Om vir kinders voor te lees is seker een van die beste dinge wat jy vir hul ontwikkeling kan doen. Ek gaan nie in al die detail van die voordele in gaan nie. Daar is reeds verskeie artikels oor dit soos die van Raise smart kid en sixwise. Ek kan wel so baie van die voordele in my eie spruite sien. Ek sien hoe die stories dikwels in hulle verbeelding spel te voorskyn kom. Daarby verbaas dit my altyd dat hulle groot dele uit hul kop kan herhaal.

IMG_5568

Heelwat mense glo dat mens ten minste ‘n uur elke dag vir jou kinders moet lees. Voor ons jongste se geboorte het ek ook meeste dae dit gedoen, sommige dae selfs langer. Ons lees steeds elke dag, maar vandat sy gebore kom ek egter nie elke dag by ‘n uur uit nie. Ek het wel ‘n kort pad ontdek. Dit is nie heeltemal dieselfde nie, maar dit hou tog steeds van die voordele in. My kinders luister elke dag na storie CD’s en verseker meer as ‘n uur daarvan. Hulle is mal oor die stories. Ek vermoed dat dit hul luister vaardighede en konsentrasie nog meer as voorlees op bou, want daar is nie prente om na te kyk nie. Nie dat die boeke wat ons meestal lees baie prente het nie, maar tog.  Lees voort

Categories: Graad 1, Ons lees, Tuisonderrig, Voorskool | Sleutelwoordw: ,, | 6 Kommentaar

Mylpale

Ek wonder nou al vir ‘n ruk hieroor. Elke ma weet dat kinders mylpale bereik wanneer hulle hulle bereik. Daar is niks wat jy kan doen om dit te verander nie. Jou kind is ‘n individu en dis bloot hoe dit is.

Daar is babas wat op 3 maande al tande sny en ander wat eers op 18 maande begin. Dit sê niks besonders van daardie spesifieke baba nie. Daar is niks fout met die een wat eers op 18 maande begin nie. En die een wat vroeg begin het, is nie ekstra spesiaal nie. Dieselfde tel vir wanneer kinders begin sit, kruip, loop, spring, praat en “pottytrain”. Ons verstaan dit almal. Ons leer gou om te spog met die dinge wat ons kroos vroeg doen en bly eerder stil oor die wat hulle bietjie later by uit kom. Lees voort

Categories: kleuter | Sleutelwoordw: ,, | 1 Kommentaar

Blog at WordPress.com.