Posts Tagged With: Medaljes

2de Gesin Spele

2014-2

Twee jaar terug tydens die Olimpiese Spele het ons ons eerste Gesins Spele gehad. Die jaar was dit weer tyd vir die Statebond Spele en ons het vir ‘n week vasgenael gesit voor die TV om veral die gimnaste dop te hou. Ouboet was net so mal daaroor om die rolbal te kyk. Lees voort

Categories: Alles in 'n dag | Sleutelwoorde: , , , , | 4 Kommentaar

Kinder Spele

Die opwinding van die Olimpiese Spele was (en is) groot in ons huis gewees. Veral Ellard was skoon begeesterd. Alles het skielik resies gejaag. Selfs sy koutjies. En gereeld het dit opgewonde op geklink “En Afrika is voor, en amper word hulle ingehaal en Suid-Afrika WEN!”

Ons moes dus net ons eie Olimpiese spele hou. Laas Saterdag was toe die groot dag. En was dit nou pret! Die kinders het dit vreeslik baie geniet. Ellard was skoon ongelukkig toe dit klaar is. Ek het dus belowe ons sal ‘n tweede sessie doen. Die keer was Pappa nie by nie en Salomie minder begeesterd. Die hoogtepunt was telkens die medalje seremonie. Hulle loop kort-kort met die “medaljes” om hul nek rond en almal wat kom kuier moet dit net sien.

Lees voort

Categories: Die woelwaters | Sleutelwoorde: , | 3 Kommentaar

Create a free website or blog at WordPress.com.