Posts Tagged With: refluks

Die soet saam met die suur

Dit bly maar seker altyd ‘n worsteling na ‘n miskraam. Die hoekoms, waaroms en wat asse. Nou met ons 3de kleine lyf hier, besef ek egter dat as sy daardie tyd moes deel geword het van ons gesin, dit vir ons baie moeiliker sou wees. Nou is die kinders ouer. Hulle kan my meer help. Hulle verstaan beter van ‘n kleinsus wat spook met refluks en al die dinge wat daarmee saam gaan. Sommige babas is maar net makliker of moeiliker as ander om groot te kry. Net so ‘n groot vreugde die klein pop deur die dag is, net so ‘n uitdaging is sy in die nag. En dit bring sy eie uitdagings vir die dag wat volg.

DSCF5650

Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Ma-wees | Sleutelwoorde: , | Lewer kommentaar

Refluks en intoleransie

Ek wil nou al lankal tyd af knyp om ons refluks storie en alles wat ons in die proses geleer het te deel. Ek weet egter dit gaan lywig raak en met 2 woelwaters in die huis bly ek uitstel. Hier is dit egter uiteindelik!

Ons oudste is op 39 weke gebore. ‘n Gesonde 3.705kg. Sommer nog terwyl ons in die hospitaal was het hy begin spoeg/opgooi. Die pediater was oortuig dat daar nog vog op sy longe was, wat hom naar gemaak het. Die is dus uitgesuig, maar dit het niks verander. Lees voort

Categories: Baba, kleuter, peuter | Sleutelwoorde: , , , | 2 Kommentaar

Create a free website or blog at WordPress.com.