Posts Tagged With: spelling

Raak Vry

Ek besef elke dag meer en meer dat ons siele wat ons kinders tuisonderrig ons moet vrymaak van die skool manier van dink. Ons het nie ‘n klaskamer vol kinders wat ons moet bestuur nie. Ons word nie geëvalueer op die klas se vordering nie. Ons is nie ingeperk tot vier mure en droë handboeke nie. Hoekom op aarde sal ons ons kinders leer soos wat onderwysers dit doen? Meeste onderwysers sou immers self dit anders wou doen as wat daar van hulle wag word. Hulle kan net droom van die vryheid wat ons het. En tog is ons so onwillig om dit te benut. Lees voort

Categories: Graad 2, Graad 4, Tuisonderrig | Sleutelwoordw: ,,,, | 4 Kommentaar

Blokkiesraaisel pret

Heel toevallig kom ek ‘n rukkie terug af op Blokkies vir slimkoppies. Met ‘n knaap wat nie te gek oor lees en skryf is nie, is ek altyd opsoek na maniere om dit meer pret te maak. Sit voor ‘n werksboek is net nie sy ding nie! As ek so met ander ma’s praat klink dit vir my soos ‘n baie algemene “probleem” onder bedrywige seunskinders.

Met die wiskunde het ek gewoonlik een of ander kreatiewe plan, maar taalleer is vir my ‘n heel ander uitdaging.

Tot my groot verbasing is die knaap toe versot op die blokkiesraaisels. Ek moes eintlik seker kon dink dat leidrade ontsyfer so reg in sy kraal sou val. Hy trek sommer self die boek nader om die leidrade te lees en dan die woorde te probeer spel. Dit en Kuifie is blykbaar al wat hy graag self lees.

DSCF9286

Vir die eerste keer wil hy weet of iets met ‘n y of ei geskryf word. Of dit ‘n d of ‘n t aan die einde het. ‘n v of f is. En skielik begin hy dink of die aa ‘n a of aa moet wees. Ek kan net hoop dat dit die begin van ‘n groot nuwe lees en spel avontuur sal wees.

Ek is so beïndruk met die boeke dat ek dit nou self begin verkoop het. Dis lekker groot boeke, wat lees en skryf daarin soveel makliker maak. Vir meer inligting oor die boeke en hoe om dit te bestel gaan loer by https://lomi.co.za/blokkies-vir-slimkoppies/. Hopelik help dit ander knape om ook aan die spel te raak sonder trane.

NS. Die boeke is ook in Engels beskikbaar, maar ons is nog nie reg vir die uitdaging nie.

Categories: Graad 2 | Sleutelwoordw: ,,,,, | 3 Kommentaar

Blog at WordPress.com.