Posts Tagged With: stimulasie

Verveeld genoeg

Ek het oor die jare al heelwat gesprekke gevolg in die tuisonderwys kringe oor verveelde kinders. Daar is die wat raad gee dat kinders verveeld moet wees om weer die lekker van ontdek en leer te leer ken. En dan ander wat dit as nalatig beskou.

Dit is egter eers onlangs wat ek dit beter begin verstaan het en die waarde van verveeld wees ontdek het. En dit het niks te doen met hoeveel jy met jou kinders doen of werk nie. Dit het wel te doen met ekstrene stimulasie en skedules. Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Uncategorized | Sleutelwoorde: , , , , | 9 Kommentaar

Stimulasie

Een van die dinge waaroor ons ma’s so dikwels wonder is: Kry my kind genoeg stimulasie? Dit terwyl die vraag eerder moet wees, word my kind nie te veel gestimuleer nie. Vir lank het ek met dieselfde dinge geworstel. Genadiglik genoeg het ek oor die laaste 5 jaar ‘n paar dinge wys geword. Een hiervan was dat, juis in daardie tye wat ek nie tyd het my kinders te stimuleer nie, hulle die meeste leer. Dit klink so verkeerd om. So asof dit glad net nie sin maak nie.

Dit is juis agv hiervan dat dit skielik vir my s’n gemaak het toe ek die ander dag lees hoe ‘n opvoedkundige “expert” skryf dat ons uit ons kinders se pad moet kom dat hulle kan leer. Sien die slim manne en vroue het jare terug al studie op studie gedoen (en hulle doen steeds) en gevind dat kinders nie hope stimulasie nodig het nie. Hulle het liefde, aandag en hope tyd vir vryspel nodig. Dis dit. Niks “fancy” of duur nie.  Nie super oulik of ingewikkeld nie. ‘n Onlangse studie het immers weer gevind dat ouer betrokkenheid ‘n groter invloed op kinders se ontwikkeling en prestasie het as sosiale agtergrond, finansies en selfs skool. Ja, hulle het gevind dat die rykes se kinders in die beste skole nie beter vaar as die armes se kinders in die swakste skole nie. Alles het af gehang van hoe betrokke die ouers by hul kinders was. Nogal eintlik fantasties. Lees voort

Categories: Baba, kleuter, peuter | Sleutelwoorde: , | 1 Kommentaar

Blog at WordPress.com.