18 January 2011
Share

O, ek moet net gou die deel. Ons is besig om na bad tyd aan te trek. Ellard haak af: “Ek het ‘n groot piepie”. My eerste gedagte is ons moet hardloop vir die toilet, maar tipies vrou is dit te prakties. Nee, hier het ek toe te doen met die manlike ego. Ek sê toe maar “Ja, jy’s een van die groot manne”. Gou word ek reg gehelp. “Nee, ek’s nie sô groot nie. My piepie gaan nog so groot word”. En met die beduie hy met uitgestrekte arms seker ‘n goeie meter wyd. “Dis darem baie groot, hoe gaan jou piepie dan in jou broek pas?” Daarmee ‘n baie wye selfvoldaande glimlag. “Hy gaan nie”. (Meer hoef ek seker nie te sê nie).

En dis nou die manne van more. Dis dieselfde knaap wat nog so groot gaan word dat hy die dak gaan breek. Miskien sal hy iewers moet hoor dat hy nou nog net ‘n buks groot is. (En met my gene dalk altyd een gaan bly). Maar die weet hy ook. Hy’t immers net gister vir Liana vertel hy’s te “laag” (kort/klein) om self die maatjies van die swaaie af te jaag. Wel blykbaar is hy ‘n man wat groot droom.