Salomie is nie meer baie gek oor die doek nie. Sy wil met mag en mening ‘n pantie dra. Gelukkig het ons die 2 “potty training” broekies. (Ek sal dringend nog moet kry!) Ek het die laaste ruk vir haar een keer ‘n dag dit aangetrek tot sy ‘n glipsie gehad het. Soms was dit ‘n hele uur of wat ander kere sommer gou-gou. Ons gaan piepie ook 2-3 keer ‘n dag.
Vanoggend wou sy weer net ‘n pantie hê. Ek het skoon vergeet dat sy een aan het toe ons parkie toe is, maar sy’t mooi geknyp vir die 90 minute wat ons daar was. Sy het toe vir die res van die dag mooi gaan piepie in die toilet. Ek het net vir haar ‘n doek aangesit vir haar middag slapie. Wonder bo wonder het sy haar eerste glipsie eers net voor 5 gehad. Ek’s seker as sy nie buite gespeel het nie, het sy dalk ook nie die gehad het. Ek’s woes beïndruk.
Moet erken dis nogal werk, want sy kry nog nie self die broekie uit nie. Mamma moet dus elke keer storm as daar ‘n “piepie ‘let” op klink. Ek vermoed sy’s mal oor die feit dat ek elke keer by haar moet sit. En natuurlik al die baie plakkers!
Ek moet net byvoeg dat die pottytraining verbitterlik goed gaan. Selfs as sy ‘n doek aan het kom se sy dat sy wil gaan piepie en dis ‘n heerlikheid om nie meer vuil doeke hoef skoon te maak nie.