15 August 2012
Share

Ek het op die oulike idee van ‘n skud en vind bottel af gekom (http://pinkandgreenmama.blogspot.com/2009/07/i-spy-rainbow-bottle.html). Maandag het ons toe ons eie bottels gemaak. Dit was nogal pret om te soek vir al die klein goedjies om in te gooi. Beste van alles dit het my net 4 koppies rys gekos. Ek is altyd mal oor goedkoop/gratis projekte vir die kinders. En dit verbaas my altyd hoe baie pret hulle met dit kan hê. Mens het regtig nie hope geld nodig om kinders gelukkig en besig te hou nie

Die 2 is mal oor hulle bottels. Veral in die kar is dit ‘n wenner. Dit hou hulle heerlik besig en hulle is so opgewonde as hulle ietsie nuuts (of iets waarvan hulle baie hou) vind. Ek gaan beslis nuwe bottels maak as ons weer een of ander tyd die lang pad aandurf. Intussen is dit ‘n wenner vir die koue, nat winters dae!

Ek het foto’s geneem van wat in elke bottel gegooi is en gaan die uitdruk, sodat hulle later vir spesifieke goed kan soek. Vir nou geniet hulle net die ontdekkings tog.