23 July 2015
Share

Op een van van ons Wetenskap Maandae (Hmm Dinsdae) het die kinders geleer van die krag van wind. Die eksperiment het gevra vir ‘n lang ballon, maar ons regtige lang ballonne was nie so ‘n reuse sukses nie. IMAG0863

Eers het hulle vislyn deur ‘n strooitjie geryg en toe die lyn tussen 2 stoele gespan. Daarna het hul ‘n opgeblaasde ballon vas gemaak aan die strooitjie.  Die opwinding was groot toe hul die ballon los en dit teen verbysterende spoed verby vlieg. Ons het dit nog ‘n paar keer gedoen, maar gou gevind dat mens regtig klein stukkies kleefband moet plak. As jy dit nie doen nie dan vou die kleefband toe en blaas die ballon geleidelik af.

HTC7 Die volgende stap wat om ‘n speelgoed karretjie te probeer aandryf. Na verskeie pogings waarin ons nie veel beweging kon genereer nie, moes ons erken dat die drukking van so ‘n lang dun ballon net te min is om ‘n karretjie regtig goed te laat ry. Die lug ontsnap te stadig. Eendag wil ek nog weer die probeer met ‘n gewone ballon. Ek verwag dat dit veel beter sal werk.

Die wonderlike ding van eksperimente is dat mens altyd iets leer. Ongeag of die eksperiment gewerk het of nie.