2 September 2016
Share

iPhone29

Baie van die dinge wat ons “reg” gedoen het op ons tuisonderwys pad was nie juis beplan nie. Dikwels was dit net genade dat ons die regte ding op die regte tyd gedoen het.

iPhone30

Een hiervan was dat ons amper elke dag toe my oudste kinders nog kleiner was afgestap het speelpark toe. Die staptog het dikwels langer geneem as die speel daar, want daar was net so baie om te ontdek langs die pad. Min het ek toe besef dat hulle besig was om hulle waarnemings vermoë te slyp en dat hulle in die proses sou leer om self gevolgtrekkings te maak. iPhone37

Deesdae is dit nie meer veilig om so alleen met die kinders te gaan stap nie, maar die vaardighede wat hulle geleer het gebruik hulle nog daagliks. So het hulle self ontdek dat die vreemde goggatjies in die tuin inderdaad die larwe fase van lieweheersbesies is. Ek moes vir mnr google inspan om te bevestig dat hulle inderdaad reg is!

iPhone36

Daarby is hulle besig om vir kleinsus nou ook te leer. Ek moet gereeld hoor hoe hulle haar roep om iets te kom kyk in die tuin, van goggas en plant tot voëls en ander diertjies. Hulle het self besef watter klanke die jong hadida in sy nes maak as hy honger is, dat ‘n suikerbekkie nes gemaak het in die voortuin en hulle bou hulle eie plaas / woud in die agtertuin. En natuurlik moet die ontdekkings vir mamma ook gewys word.

iPhone31

Ons is natuurlik ekstra bevoorreg om oorkant ‘n lieflike park te woon waar ‘n ongelooflike verskeidenheid wilde blomme die tyd van die jaar te sien is. Laas week het ons weer ‘n dag so tussen die blomme deur gebring.

iPhone26

Ons meisiekind het probeer kyk hoeveel verskillende blomme sy kan sien en het van hulle geskets. Ons knaap was baie meer geïnteresseerd in die goggas en neste en paadjies van die diertjies wat daar woon. Hy het weer van die grassade geskets. Terwyl ons jongste net heerlik rond gehol het en haar verkyk het aan die skoenlappers en naaldekokers.

iPhone27

Ons het selfs ‘n “spittlebug” (ek het geen benul wat mens die goggatjie in Afrikaans noem nie) tussen sy slym bol uit krap. Net sodat die kinders moes ontdek dat die klein dingetjie nogal kan stink as jy met hom karring.

iPhone28

Die kinders het boom geklim (dit bly een van hul gunsteling aktiwiteite) en ontdek dat die grond nie ewe ryk is nie. Van die miers- en termiethope se grond lyk heeltemal anders as ander s’n.

iPhone35

Moet nooit die waarde van tyd in die natuur onderskat nie. Kinders leer vaardighede aan wat deesdae skaars geword het. Hulle leer van die dinge rondom hulle op ‘n praktiese manier wat hulle nie sommer vergeet nie.

iPhone32

Daarby ontdek hulle God se ongelooflike skeppings. Ons moet meer na alles om ons kyk soos ‘n kind. Mens ontdek weer hoe besonders God alles geskape het.

iPhone33

En natuurlik is die lente die perfekte tyd om ons voete by die deur uit te sit en net al die pragtige blomme te geniet.

iPhone34