Een van die interessante uitdagings wat ek as ma gevind het, was dat jy wipplank ry tussen twee toestande. Vir lang tye elke dag wag jy net. Tydperke van niks. Wag om kinders by die skool op te tel, wag by buitemuurse, wag net.
En dan jaag jy terug huis toe om ‘n triljoen dinge op een slag te doen. Berei maaltye voor, maak skoon, omsien na die talle verskillende behoeftes van jou gesin.
Ek vind dit uitdagend om geduldig te wag, terwyl ek weet daar is soveel wat nog gedoen moet word! Dit is baie soos brandweermanne. Hulle spandeer die meeste van hul tyd om te wag. Gereed om in 5de rat te spring wanneer hulle nodig is. Maar miskien is die belangrike ding wat ons by die brandweermanne kan leer is dat hulle nie net sit en wag vir die volgende brand nie. In daardie tydperk van wag oefen hulle. Hulle berei voor. Gaan toerusting na.
Ek het onlangs besef dat ons as mamma’s dieselfde kan doen. Ons kan die rustige tye van wag gebruik om geestelik voor te berei vir die res van die dag.