Posts Tagged With: speel

Verveeld genoeg

Ek het oor die jare al heelwat gesprekke gevolg in die tuisonderwys kringe oor verveelde kinders. Daar is die wat raad gee dat kinders verveeld moet wees om weer die lekker van ontdek en leer te leer ken. En dan ander wat dit as nalatig beskou.

Dit is egter eers onlangs wat ek dit beter begin verstaan het en die waarde van verveeld wees ontdek het. En dit het niks te doen met hoeveel jy met jou kinders doen of werk nie. Dit het wel te doen met ekstrene stimulasie en skedules. Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Uncategorized | Sleutelwoorde: , , , , | 9 Kommentaar

Kuier gas

Saterdag oggend bel ‘n vriendin. Hulle sit met ‘n katjie wat die vorige dag by hulle opgedaag het en is op pad weg vir die naweek. Hoe nou gemaak met die rondloper katjie? Uiteinde is dat die katjie vir die naweek by ons kom kuier terwyl ons probeer uitvind waar sy huis is.

Natuurlik is die kinders vreeslik opgewonde. Ellard kerm nou al lankal vir ‘n kat en nou kom een kuier! Die katsandbak word uit gehaal en Jaco moet stop vir katsand en -kos. Tressa is minder beïndruk. Katte is nie juis een van haar gunsteling dinge nie (Al wat erger sou wees is as ons ‘n eekhoring sou oppas).

Lees voort

Categories: Die woelwaters | Sleutelwoorde: , | Lewer kommentaar

Blog at WordPress.com.