Posts Tagged With: verbeelding spel

Kreatiewe fase

Die kinders gaan deur fases. Selfs na al die tyd tuis bekommer dit my soms. Daar is die ons-kan-nie-genoeg-leer fase. Na ‘n paar weke van die begin ek altyd sterk twyfel of ek ooit gaan by hou. Net soos ek egter net nie meer weet wat om volgende vir hulle te leer om die honger na nuwe inligting te stil gaan hulle skielik oor in die ons-wil-net-speel fase. As ma neem dit ook nou nie weer lank voor ek begin wonder of hulle dan nou nie te veel “agter raak”, omdat daar net gespeel word nie. Hoekom ek nog die bekommernisse het, kan ek net oor wonder. Telkemaal na al die speel  wil hulle weer net leer en wanneer hulle dan weg spring het hulle in die speel-tyd soveel nuwe dinge bemeester dat my mond altyd letterlik oop hang. Mens lees so dikwels dat kinders leer terwyl hul speel, maar tog bly dit my telkens verbaas. Lees voort

Categories: Alles in 'n dag, Die woelwaters, Kunsvlyt, Tuisonderrig | Sleutelwoorde: , | Lewer kommentaar

Blog at WordPress.com.