7 July 2015
Share

Terwyl ons knaap besig was met sy wiel skootboek het ons 6jarige gewerk aan een oor blomme. Sy is absoluut versot op blomme en dra altyd vir al wat leef en beef blommetjies aan. Natuurlik kan sy nooit genoeg leer van blomme of prente van hulle inkleur nie

DSCF7731Daar is ongelooflik baie aktiwiteite wat mens op die blom tema kan aflaai van die net af. Ek het egter ‘n paar Afrikaanse velle ook saamgestel of vertaal. Die Lukas 12:27 teks (Lelie vers) vir ‘n skrif oefening, die Blomdele vertaal uit die lapbooklessons.com/GardenLapbook en ‘n blom woordsoek.

DSCF8358 DSCF8359   Ek het vir haar ‘n plekkie gelos waar sy self iets kon skryf. (ook uit http://lapbooklessons.com/GardenLapbook)DSCF8360En sy het ‘n grafiek gemaak van verskillende blomme wat sy op ‘n dobbelsteen gegooi het. Ek het die grafiek gekry in die “flower unit” van http://ateachingmommy.com/2012/03/flower-unit-expanded/DSCF8362Ouboet het ook sy eie blom boek gemaak, maar met ‘n paar ander aktiwiteite by soos die blom diagram wat hy moes teken.

DSCF7732En maal somme in plaas van die optel en aftrek somme van kleinsus. DSCF8363Ons het gelees: Wetenskap: Blomme deur Fred en Jeanne Biddulph, Sasol se Eerste veldgids tot veldbomme van Suider- Afrika en Sasol se Eerste veldgids tot fynbos van Suider- Afrika