3 December 2016
Share

Die laaste 9 weke het ons ‘n kuiergas. Baie meer soos ‘n nuwe lid van die gesin, maar realiteit is dat hy iewers groener weivelde gaan soek. Dis ‘n kolgans kuiken, Kolle.

img_2808

As mens tot ‘n baba voëltjie se redding wil kom is kolganse seker van die maklikste om groot te kry. Hulle eet van dag een af self en nou na 9 weke is hy al amper volgroei. Die uitdaging is om daai lyfie die eerste week of wat warm te hou en te verseker dat hy nie ‘n happie vir ‘n ander gedierte word nie.

Kolganse is familie voëls. Hul behoefte aan iemand naby is ongelooflik.  Ons het heelwat pret saam met die gansie al gehad, maar dit raak ook uitputtend om aan sy sosiale behoeftes te voldoen. Ek haal my hoed af vir Kolgansma’s. Dit kan nie maklik wees om ‘n paar van die gansies saam groot te kry nie.

Kolle en ons hond is groot maats, miskien eerder soos familie. Nie dat ons seker is wie dink hulle is wie nie. Die hond eet saam aan die gans se hawer en gras en die gans lê saam met die hond op die gras en knibbel aan ‘n tak. dscf1370

Ek het ‘n storie geskryf oor Kolle se eerste weke saam met ons gesin. Dis te koop en het hope prente in om in te kleur en heelwat om te leer van kolganse.

Wie weet eendag skryf ek dalk die res van Kolle se storie.