Borsvoeding

Borsvoeding

Ek het ‘n passie vir borsvoeding. Miskien daarom dat ek wil huil as ek hoor dat ‘n ma net vir ‘n paar weke geborsvoed het, omdat goed bedoelende familie of vriende (of selfs dokters) vir hulle slegte advies gegee het.

Ek is so dankbaar dat ek besluit het om te borsvoed. Teen 6 weke het ons uitgevind ons oudste het ‘n yster aanvulling intoleransie en die vitamien B aanvullings het sy refluks vererger. Ek wil nie eers dink wat ek sou doen as ek nie geborsvoed het nie. Ek kon dood eenvoudig yster en B vitamien aanvullings, en kos daarmee in, uit my dieet sny. As hy op die bottel was sou ons vir maande met koliek gesukkel het. Die feit dat ek nooit vir hom aanvullende voeding kon gee nie, het gehelp dat ek nie sommer net kon moed opgee as die borsvoeding wel die dag swaar geraak het nie. En daar was menigte dae wat ek niks meer graag sou wou doen as net handdoek in gooi nie. Voor jy jou oë uitvee gaan dit gelukkig weer beter. Lees voort

Categories: Baba, Borsvoeding | Lewer kommentaar

Elk ‘n superma

Praat met mamma’s en jy kom gou agter ons almal voel skuldig oor iets. Ons wil almal graag supermamma’s wees – Hoe onrealisties dit ook al mag wees, veral as jy hoor wat ons dink ‘n superma is!  En dis ook nie moeilik om te verstaan hoekom ons so dikwels voel ons skiet te kort nie. Mamma’s wat bottelvoed vertel van die kritiek wat hulle kry, omdat hulle nie geborsvoed het nie. Of die wat wel het dat hulle nie vir lank genoeg geborsvoed het nie. As ‘n mamma wat wel lank geborsvoed het, weet ek weer dat jy van die begin af moet hoor, hoekom gee jy nie bottels ook nie, hoekom borsvoed jy nog steeds. Feit is ongeag wat ‘n ma doen sal daar altyd kritiek daar buite wees. Nugter weet hoekom. Ons wil immers net elk die heel beste vir ons kinders hê. Hoekom ondersteun ons nie eerder mekaar se besluite nie? Lees voort

Categories: Baba, Borsvoeding, Ouerskap | Lewer kommentaar

Ma’s wat borsvoed

Hier is wat ‘n paar ma’s gedeel het oor hulle ervaring van borsvoeding na ‘n jaar (na aanleiding van die artikel):

Surina het Sulene (6 ½ jaar) tot op 2 geborsvoed en borsvoed steeds vir Johanne (3 maande)
Lees voort

Categories: Borsvoeding, peuter | 1 Kommentaar

Nooit te oud vir die bors nie

Hierdie week (1-7 Augustus 2012) is die 20ste Wêreld Borsvoeding week. Daarom het ek besluit om ‘n ou artikel van my wat in die Julie 2011 uitgawe van die Baba en Kleuter verskyn het te laai.

Nooit te oud vir die bors nie

Meeste ma’s beoog om vir 6 maande of ‘n jaar te borsvoed. Wat gebeur egter daarna?
Lees voort

Categories: Borsvoeding, peuter | Sleutelwoorde: | 7 Kommentaar

Nooit te oud vir die bors nie

Vir die van julle wat my eerste artikel in die Julie Baba en Kleuter gemis het. Hier is dit! Lees voort

Categories: Borsvoeding | Lewer kommentaar

Blog at WordPress.com.