Dis ongelooflik om te dink dat dit al weer tyd is om ‘n nuwe leeslys te begin. (Die vorige jare kan hier gevind word – 2015, 2014, 2013 en ons gunsteling lewende boeke). Dit bly maar ‘n uitdaging om boeke te vind wat die kinders almal geniet. Kleinsus (2) steur haar nog nie te veel aan die stories nie en speel gewoonlik sommer net in die omgewing of sit op my skoot (en wil blaai voor dit tyd is đ
Die ouderdomsverskil tussen die 2 oudstes, wat 9 en 7 is, is nie so seer ‘n probleem nie, soos wat die feit dat dit wat meisies en seuns in belangstel hemelsbreed verskil. Ek vind ook dat ons 9 jarige knaap stories begin geniet waarin daar emosionele intriges is. Hy geniet die karakterbou, terwyl ons Pop dit nog hartseer of ontstellend vind. Lees voort