1

Stinkgoggas en hottentotsgotte

7 January 2016
Share

Die kinders is mal oor buite speel. Die gevolg is dat hulle nog altyd gefassineer is deur goggas en ander grillerige goeters in die tuin. Vandat hulle egter sywurms gehad het is hul oplettendheid net nog meer – veral met die hele lewens siklus van goggas.

HTC16

So ontdek hul die kleine eiers op ‘n Tipuana tipu boom se blaar. Hier word heelwat gespekuleer oor wat uit die eiers gaan broei. Die blaar met sy eiers beland ook in die sywurm boks. Elke dag word daar geloer of iets nog nie te voorskyn gekom het nie. En toe na omtrent 2 weke is daar eendag omtrent ‘n dosyn piep klein stinkgoggas.

Ons karwy die boks na buite om hulle beter te bekyk, maar die oomblik wat die son op hul skyn dop hul om. Duidelik was hul nog nie gereed vir die hitte nie. Die kinders dra blare aan. Maar die kleinspan het geen plan om in ‘n boks groot te word nie. Die kinders het my wel die volgende dag kom roep om te kyk na ‘n volgroeide een, sodat ek ook kan weet hoe hulle later sal lyk!

DSCF0468

So word ek geroep elke keer as hul ‘n rusper of ander snaakse gogga ontdek.

2016

Kersdag ontdek ons, wat vir my lyk soos ‘n papie, op ‘n pepermentblaar. Ons knaap is super opgewonde. Hy is oortuig daarvan dat dit hottentotsgot eiers is. Blykbaar het hy dit op een van hul leer DVD’s (dis nou natuur DVD’s wat hulle van tyd tot tyd kyk – meestal op reëndae wat die huis te veel vir almal raak) gesien.

Maandag oggend is ons Pop vreeslik opgewonde. Almal moet kom kyk! Die hottentotsgotte het begin uitbroei. Dit is ongelooflik hoe klein hulle is. Die knaap wil hulle ook sommer in die boks groot maak. Dit was voor ek hom herinner het dat hulle ander goggas eet en dat hy hul kos sal moet vang en aandra.

Wat my fasineer is hoe die goggas wat uitbroei altyd groter is as wat die eiers is waaruit hul gekom het. Alles is darem so ongelooflik geskape!