kleuter

Grootman

O, ek moet net gou die deel. Ons is besig om na bad tyd aan te trek. Ellard haak af: “Ek het ‘n groot piepie”. My eerste gedagte is ons moet hardloop vir die toilet, maar tipies vrou is dit te prakties. Nee, hier het ek toe te doen met die manlike ego. Ek sê toe maar “Ja, jy’s een van die groot manne”. Gou word ek reg gehelp. “Nee, ek’s nie sô groot nie. My piepie gaan nog so groot word”. En met die beduie hy met uitgestrekte arms seker ‘n goeie meter wyd. “Dis darem baie groot, hoe gaan jou piepie dan in jou broek pas?” Daarmee ‘n baie wye selfvoldaande glimlag. “Hy gaan nie”. (Meer hoef ek seker nie te sê nie). Lees voort

Categories: Die woelwaters, Ellard sê-goed, kleuter | 2 Kommentaar

Ellard’isms

Wel ek is so ver agter met die blog ding dat ek eers sal moet inhaal. Ek het gedink ek moet begin om van Ellard se sê-goed neer te pen.

13 Januarie 2011: Ons was so besig dat Ellard nooit tyd vir storie kyk gehad het nie. Hy besef dit toe ons na 4 op pad is poskantoor toe en wil toe so gou moontlik terug sodat hy iets kan kom kyk voor pa huis toe kom. So in die loop loop en sing ek en Salomie lawwe liedjies. Hy haak toe af: “Ek het nie tyd vir raas nie”. So gelag vir hom. Kan mens so haastig wees om DVD te kyk!
Lees voort

Categories: Die woelwaters, Ellard sê-goed, kleuter | Lewer kommentaar

Dokter-dokter

IMG_4743

Die kinders se gunsteling speletjie is op die oomblik dokter-dokter. Arme pop (Carla se ou looppop) loop sleg deur.  Lees voort

Categories: Die woelwaters, kleuter, peuter | 1 Kommentaar

Create a free website or blog at WordPress.com.